Skip to main content
Ontwikkeling van ‘n navorsingsprofiel: Die belonings en risikos verbonde aan openbare skakeling met verskillende gehore oor jou navorsing, en om jouself beskikbaar te stel om met ander aktuele kwessies om te gaan.

Ontwikkeling van ‘n navorsingsprofiel: Die belonings en risikos verbonde aan openbare skakeling met verskillende gehore oor jou navorsing, en om jouself beskikbaar te stel om met ander aktuele kwessies om te gaan.

Dr Marina Joubert
01 Oktober 2018

AUXINS aangebied deur: Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)

Titel van Aanbieding: Ontwikkeling van ‘n navorsingsprofiel: Die belonings en risikos verbonde aan openbare skakeling met verskillende gehore oor jou navorsing, en om jouself beskikbaar te stel om met ander aktuele kwessies om te gaan.

Opsomming van Uitnodiging: Hiermee nooi SOL u graag na ’n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Titel en Naam van Aanbieder(s): Dr Marina Joubert & Mnr Martin Viljoen

Kort Biografie van aanbieder(s):

Dr Marina Joubert is ’n senior wetenskapkommunikasienavorser by die Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (CREST) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy bied ’n aanlyn wetenskapkommunikasiekursus met die klem op Afrika aan, en gee klas in openbare skakeling oor die wetenskap as deel van verskillende nagraadse programme. Haar werk handel oor navorsers se rol in die openbare kommunikasie van wetenskap, aanlyn koppelvlakke tussen wetenskap en die samelewing, en die veranderende beleidsomgewing vir die openbare kommunikasie van wetenskap in Afrika. Haar bydraes op dié gebied is al met etlike institusionele en nasionale pryse bekroon.

Mnr Martin Viljoen is mediabestuurder in die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie van die Universiteit Stellenbosch. Hy glo vas dat ’n goeie mediateenwoordigheid ’n direkte positiewe invloed het op navorsers se navorsingsprofiele. Hy bied gereeld informele werksessies oor mediaverhoudinge en -skakeling aan. Martin is ’n opgeleide joernalis, maar het vroeg in sy loopbaan na korporatiewe kommunikasie oorgeskakel, waar hy sedertdien 20 jaar se ervaring as mediaskakelbeampte in die hoër onderwys opgedoen het. Algaande het hy ook uitgebreide vaardighede in interne kommunikasie, korporatiewe skryfwerk, publikasie en openbare redevoering opgebou. Hy hanteer jaarliks honderde medianavrae, -versoeke en -vrystellings.

Opsomming (“Blurb”) (met inbegrepe van Gevolgtrekkings en Implikasies vir Onderrig en Leer @US)

Om jou navorsingsprofiel en akademiese statuur uit te bou, moet jy jou navorsing deur middel van ’n verskeidenheid kommunikasie-instrumente en -platforms aan verskillende gehore oordra.

In die lig van die Suid-Afrikaanse regering (in die besonder die Departement van Wetenskap en Tegnologie) se beleidsvoorneme om verantwoordelike openbare skakeling oor die wetenskap in alle navorsingsdissiplines aan te moedig en te ondersteun, is dit noodsaaklik om te bepaal en te verstaan watter faktore ’n invloed het op hoe navorsers hulle werk aan die publiek oordra.

Hierdie sessie sal navorsers doeltreffend met openbare gehore help omgaan deur ondersoek in te stel na die ‘hoekom’ en ‘hoe’ van doeltreffende openbare skakeling oor navorsing, sowel as ander aspekte. Die aanbieders sal veral aandag skenk aan die voordele van sodanige skakeling, sowel as die ondersteuning wat die instelling in dié verband bied.

Artikels (Bibliografiese gegewens van 2 maklik-verstaanbare artikels oor die onderwerp)

Joubert, M. 2018. Country-specific factors that compel South African scientists to engage with public audiences. JCOM. 17 (04):C04.

Marcinkowski, F. & Kohring, M. 2014. The changing rationale of science communication : A challenge to scientific autonomy. Journal of Science Communication. 13 (03):C04.

Sleutelwoorde: wetenskapkommunikasie; skakeling oor die wetenskap; mediaverhoudinge

Datum van Aanbieding: 26 Maart 2019

Tyd: 12:45 - 13:45

Plek:  Den Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Navrae: Me Nothemba Nqayi, [email protected], 021 808 3717

Kansellasies: Indien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten inste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Meer Inligting: a afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl