
Ontmoet Melissa Malan: #MyTygerMaties60
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Melissa Malan.Melissa Malan glo sukses word uit mislukkings gebore. "Met die uitvinding van die eerste elektriese gloeilamp het Thomas Edison gesê 'Ek het nie misluk nie, ek het net 10 000 manier gevind wat nié werk nie'," haal sy die bekende Amerikaanse uitvinder aan. Dis met dié positiewe uitkyk wat Malan, ’n eerstejaar MB,ChB-student van die Universiteit Stellenbosch, ook haar studies aanpak. "Hoe meer jy het om te doen, hoe meer kry jy gedoen," glo sy.Malan, wat ’n alumni van Bloemhof Hoër Meisieskool in Stellenbosch is, het verlede jaar sewe onderskeidings ingepalm. Sy het haar studierigting gekies omdat sy aan geen ander beroep kan dink wat meer bevredigend is nie. Sy glo dokters kan mense nie net fisiek kan help nie, maar ook geestelik genees. Oor tien jaar sal sy graag gelukkig getroud wil wees met ’n tweede kind op pad. Maar sy wil nooit té gemaklik wees nie. Vir haar 40-jarige self sal sy wil vra: "Is jy regtig gelukkig of net regtig gemaklik?"Het jy geweet…
- Malan is ’n groot YouTube-aanhanger. "Eerstens is dit verniet. Tweedens weet ek nie wat ek sou doen sonder goeie musiek en Khan Academy nie!"
- Sy byt haar naels tydens eksamens.
- Sy sou ook graag ’n fotograaf vir National Geographic wou wees.
- Vir ontspanning maak sy self klere.