Skip to main content
Nuwe aanstelling by die WAT

Nuwe aanstelling by die WAT

Dr. Willem Botha
21 Julie 2016

Dr. Gerda Odendaal is aangestel as 'n mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.  Dr. Odendaal het die grade BA en BA Honneurs (Afrikaans en Nederlands) cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.  In 2010 is haar MA (Afrikaans en Nederlands) omgekakel na PhD (Afrikaans en Nederlands) wat in 2012 aan haar toegeken is.  Haar promotors was prof. AE Feinauer (US) en dr. NE Alexander (UK).  In 2008 en 2009 ontvang sy die Rektorstoekenning vir uitnemende prestasie in akademie en ook die WAT-prys vir die beste student in Afrikaans en Nederlands in 2007 en 2008.  Sy is sedert 2010 verbonde aan die US se Departement Afrikaans en Nederlands in verskeie hoedanighede en is tans 'n nadoktorale genoot in hierdie departement.  Sy refereer en publiseer sedert 2013 op nasionale en ook internasionale vlak.   Dr. Odendaal is 'n boorling van Porterville en is tans 'n inwoner van Wellington.