Skip to main content
Nog 'n oorwinning vir US in die Chinese Brug kompetisie

Nog 'n oorwinning vir US in die Chinese Brug kompetisie

Postgraduate & International Office
08 Junie 2016

Vir die sewende agtereenvolgende jaar het 'n student van die die Universiteit Stellenbosch (US) die Chinese Brug kompetisie vir Suid-Afrikaanse kollege studente gewen. Matie-student Jasmine Rae Beaudry het beoordelaars tydens die 15de Suid-Afrikaanse uitdunrondte van die Chinese Brug kompetisie beïndruk met haar kennis van die Chinese taal en kultuur en die top prys gewen. Die tweedejaar BA student het studente van Durban Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Kaapstad, Rhodes Universiteit en die Universiteit van Johannesburg geklop om as wenner aangewys te word. 

Die Chinese Brug-kompetisie vir buitelandse kollege studente is 'n internasionale kompetisie wat deur die Confucius Instituut hoofkwartier (Hanban) georganiseer word. Die kompetisie word sedert 2012 jaarliks aangebied. Dit lok jaarliks meer as 1000 studente van meer as 80 lande wat aan die semi-finaal en finaal in China deelneem.

Deelnemers word getoets op die volgende: Chinese taalvaardigheid, kennis van China, Chinese kulturele vaardighede en omvattende leervermoë. Die doelwit van die kompetisie is om studente in verskeie lande Chinees te leer praat en dit bevorder ook begrip van die Chinese taal en kultuur wêreldwyd.

As wenner van die Suid-Afrikaanse kompetisie, reis Jasmine in Julie na China om aan die internasionale kompetisie deel te neem.

Die Suid-Afrikaanse kompetisie is op 27 Mei 2016 by die Universiteit Johannesburg gehou en Jasmine was nie die enigste Matie student wat presteer het nie. Bonnie Cape Shapcott en Leanne Robinson, ​ook tweedejaar BA studente, is saam as derde pryswenner aangewys.

Personeel van die Confucius Instituut by die Universiteit Stellenbosch (CISU), deel van die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK), het die US-studente help voorberei vir die kompetisie.

Lees hier meer oor die aktiwiteite van die CISU

Foto:

​Huina Ma, dosent by die CISU; Jennifer Jian, direkteur: CISU, Robert Kotzé, senior direkteur van die NGIK en mede-direkteur van die CISU; Bonnie Kaap Shapcott; Leanne Robinson en Jasmine Rae Beaudry