
Nagraadse Studie in Wetenskapkommunikasie by Universiteit Stellenbosch
Bestuurders, beleidsbepalers en befondsers van wetenskappe, asook navorsers self, erken al hoe meer die waarde en belangrikheid van strategiese en effektiewe openbare kommunikasie van wetenskap, met inbegrip van toegespitste betrokkenheid by en dialoog met die samelewing. Daarom is daar 'n toenemende vraag na professionele wetenskapkommunikeerders wat die uitdagings en kompleksiteite van die verwantskap tussen die wetenskappe en die samelewing kan hanteer, asook 'n nuwe generasie navorsers wat kan help om te bou aan die bewyse vir effektiewe wetenskapkommunikasie binne spesifieke kontekste.
Die MPhil (STS)-kursus by Universiteit Stellenbosch bied aan studente die geleentheid om te konsentreer op wetenskapkommunikasie en openbare betrekkinge, met 'n kombinasie van teorie en praktiese toepassings. Kom meer te wete van hoe die kursus saamgestel is, asook hoe om aansoek te doen by https://www0.sun.ac.za/crest/students/mphil-sts-spe/
Die sluitingsdatum vir aansoeke van internasionale studente is 31 Augustus 2022, terwyl Suid-Afrikaanse studente teen 30 September 2022 aansoek moet doen.