Die Nagraadse Kantoor, Afdeling Navorsingsontwikkeling het sy eerste "kitsvuur-praatjies" navorsingskommunikasie-kompetisie op 1 November 2023 by die Neelsie Bioskoop aangebied. Hierdie geleentheid het aan 15 van die US se nagraadse studente en nadoktorale genote 'n unieke platform gebied om hul navorsing in 'n bondige praatjie van 3 minute ten toon te stel.
Voor die kompetisie het sommige deelnemers die geleentheid gehad om opleiding te ondergaan onder leiding van Thabani Mtsi, 'n bekwame kommunikasieafrigter. Deur hierdie opleiding het hulle hul vermoë opgeskerp om hul navorsing doeltreffend aan te bied, om te verseker dat dit aanklank vind by gehore wat nie kundiges in hul spesifieke velde is nie.Tydens die kompetisie is 'n interessante kinkel ingebring: deelnemers is nie toegelaat om PowerPoint-skyfies te gebruik nie, maar hulle kon rekwisiete of items gebruik om hul aanbiedings te verbeter.Die praatjies het oor 'n wye spektrum van onderwerpe gestrek, wat gewissel het van die regulering van die kommoditisering van kerke in die veld van teologie tot die ondersoek van verbindings in medisinale plante wat belofte inhou vir die behandeling van angs en depressie, in die veld van Plantkunde. Nog 'n interessante aanbieding het gehandel rondom die innoverende gebruik van knoffel in beesvoer om vlieë af te weer, in die veld van Voedselwetenskappe. Die aanbiedings van hierdie groep buitengewoon talentvolle nagraadse studente en nadoktorale genote het getoon hoe hulle bydra tot navorsing vir impak by die Universiteit Stellenbosch.Die kompetisie is afgesluit met die paneel beoordelaars bestaande uit US wetenskapkommunikasiekundiges, professor Marina Joubert (SENWET), mnr Fumani Jwara (Joernalisme) en me Wiida Basson (Natuurwetenskappe), wat die volgende navorsers gekies het vir hul uitsonderlike praatjies:
- Ewura-Esi Manful, Departement Biomediese Wetenskappe (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) – Wenner
- Kaylan Reddy, Plant- en Dierkunde (Wetenskap) - Tweede Naaswenner
- Luther Chipembere, Landbou-ekonomie (AgriWetenskappe) – Derde naaswenner
Ons het waardering vir almal wat aan hierdie geleentheid deelgeneem het en ons wens al die wenners geluk!