
MFM 92.6 raap gesogte toekennings op
MFM-radiostasie is as Kampus-radiostasie van die jaar en "Best Campus Breakfast Show" gekroon by die Liberty radio-toekenningsgeleentheid wat onlangs in Johannesburg gehou is.
"MFM is die beste kampusradiostasie in Suid-Afrika – en dit is al vir jare die geval. Dit is wonderlik dat ons erkenning ontvang het by die Liberty radio-toekenningsgeleentheid. Ons werk daagliks baie hard om ons Stellenbosch-gehoor 'n boeiende luisterervaring te gee en terselfdertyd 'n professionele diens te bied. Ek is ongelooflik trots om deel te wees van 'n talentvolle span," sê Kabelo Mekoa, Programbestuurder van MFM 92.6.
MFM se Stasiebestuurder, Veronique Smal, voeg by dat sy baie trots is op die prestasie en op al die personeel wat onvermoeid by die stasie werk. Sy sê dit is nog net die begin van groot geleenthede vir MFM. Sy het verder bygevoeg dat hierdie toekenning haar baie opgewonde maak oor MFM se toekoms en dat sy gelukkig is om saam met die beste span in die wêreld te werk.
Meer oor MFM 92.6
Die stasie saai die afgelope twee-en-twintig jaar uit na 'n potensiële gehoor van 39 000 mense in die groter Stellenbosch-omgewing. MFM 92.6 is 'n jeug radiostasie wat 24 uur per dag, 7 dae 'n week en 365 dae 'n jaar uitsaai.
Vir meer inligting oor MFM 92.6 en om aanlyn na die stasie te luister, besoek asseblief www.mfm.co.za. Twitter: @MFM926. Facebook: www.facebook.com/MFM926.