Skip to main content
Meet Azhar Nadkar: #MyTygerMaties60

Meet Azhar Nadkar: #MyTygerMaties60

FMHS Marketing & Communications
19 September 2016

​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Azhar Nadkar.

Die menslike liggaam fassineer Azhar Nadkar reeds van jongs af. Toe hy egter ’n paar jaar gelede gediagnoseer is met Wolff-Parkinson-White siekte (’n toestand wat jou hartritme beïnvloed) en die impak van die dokters op sy lewe beleef het, het hy finaal besluit het om sy visier op mediese keuring te stel. “Deur harde werk en deursettigsvermoë is ek toe uiteindelik aanvaar.”

Nadkar is nou bykans klaar met sy eerstejaar van die MB,ChB-graad op die Universiteit Stellenbosch en sê hoewel die werk nie altyd maklik was om onder die knie te kry nie, hy geleer het dat dit in sy vermoë is om enigiets te bereik as hy hom daarop toespits. “Toewyding maak sukses.”

Oor tien jaar sal Nadkar graag nog ’n stappie nader wil wees aan sy droom om kan spesialiseer in hartchirurgie.

Hy identifiseer met die fantasiekarakter Barry Allen van The Flash: “Hy verteenwoordig die moontlikheid dat doodgewone mense buitengewone dinge kan doen. Die opofferinge wat hy gemaak het sodat hy mense kan red is soortgelyk aan die opofferinge wat ek gemaak het om so te kon kom tot waar ek nou is met my studies.”

Vinnige feite

  • Hy kan nogal goed kook en is glo sy botterhoender en sjokolade-Oreo-poeding is treffers.
  • Hy dink hy ly aan misofonie. “Ek kan dit nie vat as mense hard eet, kou of drink nie.”
  • Hy beskryf homself as ’n “mense-mens”.
  • Hy is die jongste van vier kinders.
  • Sy beste gewoonte is dat hy elke dag vir sy ma vertel dat hy haar lief het.