Skip to main content
Meertaligheid bespreek by SAALT Konferensie

Meertaligheid bespreek by SAALT Konferensie

Education
30 Junie 2023

Die South African Association of Language Teaching (SAALT) het van 19-21 Junie sy jaarlikse konferensie in Pretoria by die Time Square Maslow Hotel in Menlyn, Pretoria, aangebied. Vanjaar se tema was “Bevordering van meertaligheid – ontgin die rykdom van ons tale".

Mev Shannon Bishop-Swart, 'n Engelse Taal- en Letterkunde-dosent by Fakulteit Opvoedkunde se Departement Kurrikulumstudie, het die 2023 SAALT-konferensie bygewoon en 'n afdeling uit haar PhD-navorsing aangebied met die titel "Die effek van die COVID-19-pandemie op die emosies van onderwysers van meertalige studente". Prof. Nhlanhla Mpofu, hoof van die Departement Kurrikulumstudie, was ook teenwoordig en het gepraat oor Translanguaging practices in English reading comprehension: a case study of five expert multilingual teachers.

“Ek het die geleentheid om na fassinerende aanbiedings te luister en werkswinkels by te woon wat die uitdagings en suksesse van die onderrig en aanleer van tale in die huidige Suid-Afrikaanse konteks beklemtoon terdeë geniet," het Shannon Bishop-Swart gesê.

Die geleentheid is op Woensdag 21 Junie afgesluit met 'n galadinee waarin hoogtepunte van die konferensie uitgelig is. Prof. Christa van der Walt, 'n emeritus-professor by Fakulteit Opvoedkunde se Departement Kurrikulumstudie, was ook teenwoordig en het op die laaste dag ʼn toespraak gedoen oor 'Moontlikhede vir meertalige onderwys tydens inperkings'.

Die skakel na die konferensie: https://saalt.org.za/call-for…

​Foto: Prof Christa van der Walt en mev Shannon Bishop-Swart by die SAALT Konferensie.