
Maties wen weer Intervarsity-stryd
11 Mei 2016
Die FNB Maties het Saterdag vir die derde jaar agtereenvolgens die Intervarsity-stryd teen die Universiteit van Kaapstad (FNB Ikeys) gewen.
Hierdie stryd se geskiedenis strek al oor meer as 'n eeu.
Ikeys het halftyd met 20-12 voorgeloop, maar Maties het teruggeveg en die wedstryd 31-20 gewen.
Die Steinhoff Cravens het 17-8 teen Ikeys se tweede span gewen, die Steinhoff Junior Cravens het 24-21 teen Ikeys se derde span gewen en die Steinhoff Junior Maties het 10-12 teen Ikeys se o.20-span verloor.
In van die ander sportsoorte het Maties Fietsry die Intervarsity-stryd op die pad en in die berg oorheers en Maties Tennis het 14-4 teen Ikeys gewen.