Skip to main content
Maties Sewes wil nog 'n titel wen

Maties Sewes wil nog 'n titel wen

Maties HP
11 November 2016

Die eindstryd van die Westelike Provinsie Score Sewes-reeks vir klubs vind die naweek plaas en Steinhoff Maties is vasbeslote om met die titel weg te stap.

Die reeks het reeds in Oktober begin. Maties het 17 wedstryde gespeel en 15 gewen. Hulle is bo-aan die punteleer vir die komende naweek se uitspeelwedstryde.

Al die wedstryde word by die velde van Goodwood-rugbyklub gespeel. Maties het verlede jaar die WP-klubliga vir sewesspanne gewen.

Maties se eerste wedstryd Saterdag is om 12:36 teen Caledonian Roses. Die volgende wedstryd is teen die wenner van die wedstryd tussen Goodwood en Macassar. Dan volg die kwarteindronde, halfeindronde en eindstryd.

'n WP Klubrugby "All Stars"-sewesspan sal na afloop van die toernooi aangewys word. Daar sal ook 'n prys vir Speler van die Toernooi wees. Die span sal op 19 November teen die Suid-Afrikaanse Sewesspan te staan kom.

Die eindstryd word om 18:36 beslis.

Maties Sewes het die afgelope jaar sowel die USSA- as die Varsity Sports-titel gewen en is by Maties Sport se onlangse toekenningsaand as Span van die Jaar aangewys.