
Kommentaar op nuwe voorgestelde Taalbeleid gesluit
Die Universiteit Stellenbosch (US) het met ʼn proses begin om sy huidige Taalbeleid te hersien. Belangegroepe soos personeel, studente, alumni en donateurs is op 22 Maart 2016 per e-pos genooi om teen 22 April 2016 kommentaar te lewer op die eerste konsep-weergawe van die nuwe voorgestelde Taalbeleid. Hierdie konsepbeleid is deur die Taalhersieningswerkgroep saamgestel en is beskikbaar by http://www.sun.ac.za/taal. Respondente kan algemene én spesifieke kommentaar op die konsepbeleid lewer, en addisionele voorstelle maak. Alle voorstelle sal deur die werkgroep oorweeg word vir moontlike insluiting. Dit sal egter nie moontlik wees om alle voorstelle by die tweede konsep in te sluit nie. Respondente kan ʼn aanlynvorm op die webblad voltooi, of kommentaar kan gestuur word na [email protected]. Verwys asseblief na http://www.sun.ac.za/taal vir meer inligting oor die proses en tydlyn.