
Kom aan die gang vir Loslitdag
Dit is weer die tyd van die jaar wanneer die gemeenskap en besighede saam staan om bewusmaking oor kwessies van gestremdheid te skep - Loslitdag.
Vir vanjaar se Loslitdag-vieringe, word personeel en studente van Universiteit Stellenbosch uitgedaag om vas te stel hoe toeganklik ons kampus is.
Datum: Vrydag 2 September 2016 Tyd: 12:30 – 14:00 Plek: Rooiplein (Neelsie studente sentrum in geval dit reën), Stellenbosch kampus.
Die Universiteit se Eenheid vir Gestremdhede, die Transformasie kantoor, en Menslike Hulpbronne Welwees is die organiseerders van dié geleentheid.
Vanjaar se Loslitdag-tema is: "Up your game" en studente en personeel word aangemoeding om soos aanhangers of deelnemers van hul gunsteling sportsoort aan te trek. Daar is pryse vir personeel en studente op die spel.
Die uitdaging, "Up your Access Game" is 'n span aktiwiteit om uit te lig hoe toeganklikheid ʼn positiewe bydrae tot die suksus van personeel en studente kan maak.
Spanne moet uit vyf lede bestaan om deel te neem. Deelnemers moet elk 'n R10 Loslitdag-plakker koop, 'n kamera-foon hê, en gemaklike klere dra.
Spanne kan aanlyn registreer by https://goo.gl/forms/xiBTkhAJM0myk3qG3
Bestel plakkers by Adele Josias by die Departement vir Menslike Hulpbronne by 021 808 2867 of [email protected]
Klik hier vir meer oor vanjaar se tema.