Skip to main content
Gesondheidsministerie loof prof Tulio de Oliveira

Gesondheidsministerie loof prof Tulio de Oliveira

Department of Health/ Departement van Gesondheid
18 Oktober 2022

​Die Suid-Afrikaanse ministerie van gesondheid het een van die Universiteit Stellenbosch se wêreldbekende bioinformatika-wetenskaplikes, prof Tulio de Oliveira, gelukgewens met sy volgehoue erkenning en hom geloof vir sy uitstekende genomiese volgordebepalingswerk wat tot die ontdekking van die Omikron-variant van Covid-19 gelei het.  

Spreker na spreker het De Oliveira geloof by die Wêreldgesondheidsberaad, wat vandeesweek (16–18 Oktober 2022) in Berlyn, Duitsland gehou word. 

Dr Sibongiseni Dhlomo, die adjunkminister van Gesondheid en leier van die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die 2022-beraad, het gesê die land is baie bevoorreg om wetenskaplikes soos De Oliveira te hê wat voortdurend wetenskaplike baanbrekerswerk doen en die land in die kollig plaas.

“Ons is so bly om sulke wêreldbekende en -erkende wetenskaplikes soos De Oliveira te hê wie se uitmuntende werk ons land en die Wêreldgesondheidsorganisasie gehelp het om nuwe variante op te spoor en hulle verspreiding te verstaan sodat ons ons reaksiestrategieë daarvolgens kon aanpas en die nuwe vlae kon voorsien," het Dhlomo gesê.

Klik hier om die Departement van Gesondheid se volledige verklaring te lees.