
EBW stel navorsing ten toon by fakulteit se navorsingsdag
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) het onlangs van die navorsing wat in die verskillende departemente in die fakulteit gedoen word, by 'n navorsingsdag by STIAS gedeel.
Prof Stan du Plessis, dekaan van die fakulteit, was baie opgewonde oor die ontwikkeling van die navorsingskultuur in EBW.
"Ons navorsers word al hoe meer as erkende kundiges in hul veld beskou en ons het 'n groeiende aantal NNS-gegradeerde navorsers," het hy gesê.
Hy was ook baie tevrede met die groot getal PhD's wat die fakulteit verlede jaar afgelewer het – 23 doktorale studente het in Desember 2015 of sal in Maart 2016 gradueer.
"Dit is by verre die meeste PhD's wat hierdie fakulteit in een jaar gelewer het. Die getal is gewoonlik tussen 8 en 12."
Prof Du Plessis glo dit is noodsaaklik dat die fakulteit 'n aktiewe navorsingskultuur het aangesien mense vir eeue reeds met vrae in die veld van ekonomiese en bestuurswetenskappe worstel.
"As mens na ou wigskriftablette kyk, verwys hulle na kwessies soos belasting, bierrantsoene, salarisse, ens. Hierdie vrae was nog altyd belangrik en ons worstel steeds met hulle, nou met groter intensiteit en in meer diepte."
Prof Christo Boshoff, Visedekaan: Navorsing, het gesê die doelwitte van die dag was om navorsing aan die fakulteit, bestuur en die Afdeling vir Navorsingsontwikkeling ten toon te stel en interdissiplinêre navorsing aan te moedig.
"Ons kan trots wees op die navorsing wat in hierdie fakulteit gedoen word," het hy afgesluit.
Die onderwerpe was:
- Agricultural minimum wages: understanding heterogeneity in disemployment and compliance (Dr Dieter von Fintel, Ekonomie)
- Significant risks related to enterprise mobile solutions at a mobile technology component level (Me Lize-Marie Sahd, Rekeningkunde)
- "I wish it were friday": Do analysts and investors get distracted at the end of the week? (Mnr Rousseau Lötter, Ondernemingsbestuur)
- Doing transdisciplinary research in an African context: lessons from recent doctoral research at SU (Prof Mark Swilling, Skool vir Publieke Leierskap)
- Efficiency and sustainability of Tanzanian saving and credit cooperatives (Mnr Nyankomo Marwa, USB)
- Catastrophe modelling: Deriving the 1-in-200 year mortality shock for a South African insurer's capital requirements under solvency assessment and management (Mnr D Corubolo & Mnr Rob Clover, Statistiek en Aktuariële Wetenskap);
- Extracting travel behaviour patterns with smartphone apps (Prof S Krygsman, Logistiek)
- Development and empirical evaluation of a psychological well-being at work structural model (Dr Gina Görgens,Bedryfsielkunde)
Foto: Dr Dieter von Fintel (aanbieder), prof Christo Boshoff (Visedekaan: Navorsing in EBW), prof Eugene Cloete (Viserektor: Navorsing by US), prof Stan du Plessis (Dekaan: EBW) en dr Gina Görgens (aanbiedier).