
Drie US-personeellede ontvang DHOO Universiteitspersoneel Doktorale Program-toekennings
Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs die uitslag van die 5de fase van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) Universiteitspersoneel Doktorale Program-keuringsproses ontvang. Drie US-kandidate was suksesvol en sal elk 'n toekenning ter waarde van R500 000 ontvang. Die toekennings is vir `n tydperk van 3 jaar.
Me Malefu Moleleki (Kliniese Mikrobiologie en Aansteeklike Siektes) me Megan Leigh Snow (Vencencie) (Sielkunde) en me Joani Groenewald (Visuele Kunste) sal nou die geleentheid kry om hul doktorale navorsing te voltooi met die finansiële met die steun van hierdie hoogs mededingende en gesogte program.
Die Universiteitspersoneel doktorsgraadprogram (USDP) word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys (DHOO) aangebied, met die Universiteit van Pretoria (UP) as die ondersteuningsvennoot vir implementering en is in 2018 bekendgestel. Dit het ten doel om samewerkende professionele ontwikkeling te bevorder dmv geleenthede vir personeel in hoëronderwys-instellings in Suid-Afrika “om onderrig, leer, navorsing en leiding te transformeer na verbeterde gehalte, sukses en gelykheid in universiteite".
• Vir meer inligting oor die USDP, kontak asseblief vir Me Dorothy Stevens ([email protected]) ([email protected]) van die Nagraadse Kantoor by die Afdeling Navorsingsontwikkeling (DRD).