
Boodskap van Dekaan se Bestuurspan - 26 September 2016
28 September 2016
Boodskap van die Dekaan se Bestuurspan, Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit StellenboschMaandag 26 September 2016Beste Kollegas en StudenteDie afgelope week het weer ernstige kwessies wat verband hou met gelykheid, menseregte en die waardes in die Suid-Afrikaanse Grondwet na vore gebring. Die Dekaan se Bestuurspan (DBS) besef dat dit ʼn moeilike week was vir al die lede van ons Tygerberg-gemeenskap, en ons wil u almal bedank vir u wysheid en toewyding en dat u met ons in verbinding gebly het.Ek wil graag herbevestig dat ons die beroep vir gelyke toegang tot hoëronderrig en die reg tot vreedsame protes wat nie inbreuk maak op die regte van ander nie, ondersteun. Een van ons vernaamste oogmerke is om die veiligheid en welstand van ons personeel en studente te verseker, en ʼn aantal stappe is gedoen sodat u toegang tot ondersteuning kan hê. Verskeie departemente en afdelings bied sessies aan vir personeel en studente om hulle ervarings te deel en ons wil u graag aanmoedig om deel te neem. Die Welwees-span van die Menslike Hulpbronne-afdeling is gereed om personeellede te ondersteun en u kan die Afdeling by 021-938-9636 kontak om ʼn afspraak te maak met Me Maureen Kennedy, die Universiteit Stellenbosch se Welweeskoördineerder. Me Kennedy kan ook direk gekontak word by 021-808-2755 of [email protected]. Die Tygerberg Studenteraad het verder ook kennis geneem van die feit dat baie studente bykomende emosionele en sielkunde ondersteuning benodig na verlede week se gebeure. Hulle het dus sogenaamde Check-In Groups gereël wat gefasiliteer sal word deur personeellede van die fakulteit en beraders. Die doel van hierdie groepsessies is nie om terapie of berading aan individue te bied nie, maar eerder om veilige ruimtes te skep waar studente hulle ervarings kan deel en emosionele en sielkunde ondersteuning kan ontvang. Studente kan ook op grond van die groepsessies verwys word na kanale wat bykomende bystand kan bied en dit sal opgevolg word deur die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SVVO). Daar is van 26 tot 30 September drie groepsessies per dag geskeduleer van 09:30-10:30, 12:00-13:00 en 15:00-16:00. Studente wat belangstel daarin om hierdie sessies by te woon, kan plek bespreek deur ʼn epos te stuur aan [email protected].Die aantal mense wat per sessie geakkommodeer sal word, is ʼn maksimum van 8, so maak seker dat u betyds bespreek. Bykomende beraders is ook beskikbaar, soos wat deur die studente versoek is, om hulp aan studente te bied wat die afgelope week trauma beleef het. Studente word aangemoedig om van die beraders gebruik te maak aangesien hulle individuele sessies aanbied, wat vooraf bespreek moet word. Afsprake kan gemaak word deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected]. Ons wil graag ons ontmoetings met u voorsit, sodat ons reguit en eerlike gesprekke kan voer oor die uitdagings op ons kampus, by ons universiteit en in ons land. Ons sal weldra weer met u kommunikeer oor sulke geleenthede. Ek wil weer beklemtoon dat as ʼn fakulteit dit vir ons ʼn prioriteit is om seker te maak dat elke geregistreerde student vanjaar hulle akademiese jaar suksesvol kan voltooi. Ons waardeer al u insette en die manier waarop lede van die Tygerberg-gemeenskap vir mekaar sorg – dit is ʼn inspirasie.Vriendelike groeteProf Julia BlitzWaarnemende Dekaan