Skip to main content
ABR konferensie veroorsaak debat

ABR konferensie veroorsaak debat

Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
31 Augustus 2016

​'n Konferensie om pertinente kwessies in die hoëronderwys aan te spreek, het geeïndig in 'n vurige debat oor onder andere die transformasie van die kurrikulum, studentegelde, taal en studente sukses.

Die konferensie, organiseer deur die Akademiese Belangeraad (ABR) van die Studenteraad in samewerking met die US se afdeling Studentesake, was in die Vroueverenigingsaal op Vrydag (26 Augustus) gehou. Akademici, studenteleiers en ander rolspelers het die geleentheid bygewoon.

Sprekers het Prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor vir Leer en Onderrig, Prof Stephanie Allais (verteenwoordiger vir die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding), ABR voorsitter Nomkululeko Radebe en US Raad ondervoorsitter Prof Pieter van der Walt. Nadat die spreker verslag gedoen het, het hulle met die gehoor in gesprek getree tydens 'n breedvoerige vraag-en-antwoord sessie.

 "Daar is 'n kommunikasie gaping tussen studente en rolspelers van die Universiteit," het Radebe gesê. "Dié konferensie dien as 'n manier om die kommunikasie struikelblokke te oorkom."

 "Julle realiteite is besig om te verander. Wat ons julle moet leer behoort relevant tot julle toekomstige beroepe te wees," het Schoonwinkel in sy verslag gesê, waar hy die dekolonisering van die kurrikulum bespreek het. "Ons moet kyk na hoe en wat ons julle leer. Wat beteken dit om 'n 'nuwe Afrika universiteit' te wees? Ons moet dit ondersoek. En dit is waar ek dink ons kan met studente saamwerk om 'n relevante kurrikulum te ontwerp."

 "Ek is bekommerd dat julle daardie woord [dekolonisasie] gebruik, sonder dat julle weet wat dit beteken. Ek reik 'n uitnodiging na julle uit, sodat ons 'n gesprek kan hê om verder te konseptualiseer wat dekolonisasie beteken," het een van die studenteleiers geantwoord, wat verdere debat rondom die kwessie veroorsaak het.

Die tweede gedeelte van die konferensie, 'n beplande paneelbespreking, is gekanselleer om die vraag-en-antwoord sessie te verleng. Studente in die gehoor het swaar kritiek gelewer oor 'n paar kwessies, insluitend stadige transformasie binne die statutêre liggame van die universiteit, en die universiteitsbestuur se reaksie op die #FeesMustFall-protesaksie laas jaar. Studente het ook die moontlike aanpassing van studentegelde vir 2017 bevraagteken.

 "Die punt is, universiteite benodig meer hulpbronne en moet dit ten volle benut," het Van der Walt gesê. "Ons verskaf omvattende ondersteuning vir studente, en verskaf beurse wat NSFAS oorskry. Maar die aanhoudende afname in staatsubsidies is 'n groot bekommernis."

Allais het vrae beantwoord rondom die Departement se posisie oor studentegelde en transformasie.

 "Daar is 'n baie diep besorgdheid oor die stadige trant van transformasie," het sy gesê. "Daar is baie voortdurende uitdagings wat ons met openheid en eerlikheid moet aanspreek. Maar baie vordering is al gemaak. Die Departement het 'n verslag van die Universiteit ontvang waarin daar kennis geneem word van die feit dat Stellenbosch 'n addisionele R13 miljoen beskikbaar gestel het om behoeftige studente te help. En die Departement neem ook kennis van die stappe wat Stellenbosch geneem het om transformasie op 'n institusionele vlak te bevorder. Dié inisiatiewe, wat toegewydheid tot verandering bewys, word verwelkom.

 "Ons is almal bewus daarvan dat die befondsing vir ons universiteite onvoldoende is," het sy bygevoeg. "Te veel van die kostes word deur studente gedra. Die protesaksies wat laasjaar plaasgevind het was waardevol om dit op die agenda te plaas. Daar is tans 'n verskeidenheid prosesse aan die gang om die insette van alle rolspelers te kry en 'n manier te vind om ons hoëronderwys-stelsel te befonds. Maar ons moet ook verseker dat universiteite aanhou funksioneer en dat julle 'n goeie opleiding ontvang. Ons kan nie die hele befondsingsmodel oornag verander nie.

"Die kwessies wat vanaand hier bespreek is, reflekteer die erns van die probleme wat steeds die instelling kwel. Ek dink die woede van die studente moet ernstig opgeneem word deur die bestuur, en alle universiteit-strukture," was Allais se gevolgtrekking. "Dit gaan nie weggaan totdat die onderliggende kwessies aangespreek word nie."