
2019 Akademieskap van Onderrig Leierskap (SoEL kortkursus)
Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (AvOL) 2019 – kortkursus
Die eerste skakelsessie vir die nuwe kohort AvOL-deelnemers het op 1 Februarie 2019 by Den Bosch plaasgevind. Dr Antoinette van der Merwe (Senior Direkteur: Leer en Onderrigverryking) het die elf deelnemers verwelkom: profs Maret du Toit (AgriWetenskappe), Faadiel Essop (Natuurwetenskappe), Pieter Fourie (FLSW), Trevor Haas (Ingenieurswese), Ada Jansen (EBW) en Mary-Ann Plaatjies van Huffel (Teologie) en drs Karin Baatjes (FGGW), Lorna Dreyer (Opvoedkunde), Michelle Nel (Krygskunde), Kabelo Sebolai (Taalsentrum) en Sonja Strydom (SLO).
Die AvOL-kortkursus bedra 12 krediete en word jaarliks aangebied. Dit fokus op die leierskap van onderrig vir studenteleer. Die kursus behels 4 temas: die kontekstualisering van opvoedkundige leierskap; navorsing oor opvoedkundige leierskap; kurrikulêre en pedagogiese leierskap; en die oogmerke om ’n kritiese massa opvoedkundige leiers aan die US op te bou. Hierdie kortkursus is volgens die beginsels van vermengde leer ontwerp. Deelnemers moet ’n miniportefeulje oor opvoedkundige leierskap saamstel en projekte van beperkte omvang oor opvoedkundige navorsing uitvoer. Hulle moet hulle navorsing by die jaarlikse AvOL-konferensie aanbied en ’n konsepmanuskrip vir ’n vaktydskrif van hulle keuse voorberei.