Skip to main content

Bedryfsielkunde

Die Departement Bedryfsielkunde streef daarna om ’n toonaangewende akademiese eenheid te wees in die velde van bedryfsielkunde en menslikehulpbronbestuur met plaaslike impak én internasionale teenwoordigheid. Ons lewer gegradueerdes op wat as professionele, wetenskaplike en strategiese sakevennote in die arbeidsmark kan funksioneer. Jy word toegerus met die vaardighede om met gemak die skoene vol te staan van ’n bedryfsielkundige of hulpbronpraktisyn, gedragswetenskaplike én besigheidstrategiese denker.

Deur onderrig, navorsing en burgerlike betrokkenheid dra ons by tot sosiale en omgewingsverantwoordelikheid regoor die Suid-Afrikaanse samelewing.

 

Kontak ons
+27 21 808 3012
[email protected]

Straatadres
Wiskundige Wetenskappe / Bedryfsielkunde-gebou
Merrimanlaan
Stellenbosch
 

“Met gevorderde onderrig en navorsing stel ons studente in staat om spanne te lei, organisasies te versterk en werklik op sosio-ekonomiese uitdagings te reageer.”

Ons Programme

BCom in Bedryfsielkunde

Hierdie graad lê die grondslag vir ’n deeglike begrip van menslike gedrag in die werksplek. Jy verken teorieë en beginsels oor hoe mense bestuur en ontwikkel kan word – onontbeerlik vir organisasies se sukses. Hierdie kwalifikasie is noodsaaklik sou jy verder wil studeer met die oog op professionele registrasie as psigometris of bedryfsielkundige.

BA in Menslikehulpbronbestuur

Menslikehulpbronbestuur en bedryfsielkunde vul mekaar aan. Waar bedryfsielkunde fokus op menslike gedrag en psigologiese dinamika, is hierdie rigting meer praktykgerig en administratief – met fokus op aspekte soos aanstelling, opleiding, vergoeding en arbeidsverhoudinge.

Nagraadse programme

Nagraadse Diploma in Strategiese Menslikehulpbronbestuur

Hierdie diploma bied jou die geleentheid om, ongeag jou studierigting, jou kwalifikasies aan te vul met kernkennis en -vaardighede in menslikehulpbronbestuur, met 'n fokus op die strategiese toepassing van die menslikehulpbronfunksie in organisasies.

BPsych-gelykwaardigheidsprogram

Hierdie geakkrediteerde kortkursus is ontwerp om saam met die BComHons (Bedryfsielkunde) voltooi te word en gee jou van die professionele en praktiese vaardighede wat nodig is vir registrasie as ’n Psigometris (Onafhanklike Praktyk). Die program dek sowel teoretiese as praktiese uitkomste soos vereis deur die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (HPCSA). Studente uit verwante velde soos Opvoedkunde, Voorligting of Kliniese Sielkunde met ’n toepaslike honneursgraad kan ook aansoek doen. Die program vereis dat jy die kursus voltooi terwyl jy vir ’n voltydse internskap (ses maande) onder toesig van ’n geregistreerde Psigometris of Sielkundige ingeskryf is. Hierdie geïntegreerde benadering rus jou toe met die nodige kennis en ervaring om professioneel in die veld te praktiseer.

BComHons in Bedryfsielkunde of Menslikehulpbronbestuur

Hierdie voltydse honneursprogramme bou voort op voorgraadse kennis en rus jou toe met gevorderde mensebestuursvaardighede – ideaal vir leiersrolle in beide die privaat en openbare sektor.

Meesters in Bedryfsielkunde

Bedryfsielkunde is een van die wêreld se vinnigste groeiende beroepe. Hierdie professionele kwalifikasie berei jou voor vir registrasie as ’n bedryfsielkundige en sluit kursuswerk, ’n kort verhandeling, ’n internskap én die nasionale raadseksamen van die HPCSA in.

Meesters in Menslikehulpbronbestuur

’n Navorsingsgebaseerde graad wat fokus op gevorderde temas in menslikehulpbronbestuur. Die program bemagtig jou om nuwe kennis te skep en oplossings vir uitdagings in die sektor te ontwikkel.