Skip to main content

Ms Amelda Brand

Undergraduate Programme Leader, Social Engagement Coordinator, Lecturer

Biography

Me Amelda Brand se spesialiseringsveld is Toegepaste Teater: die doelgerigte gebruik van teater- en performatiewe praktyke vir sosiale betrokkenheid. Sy is die akademiese program-koördineerder vir die BA in Drama en Teaterstudie-program en dien as die koördineerder vir sosiale betrokkenheid vir die Departement Drama. Haar onderrig- en studieleierfokusareas sluit in performance en proses, Performance-skepping-fasilitering, werkswinkelteater, teaterpraktyke in sosiale konteks, en narrekuns en -praktyk.