Breadcrumb
Afrikaans en Nederlands
“…ons programme kombineer teoretiese insig met praktiese vaardighede en maak só die pad oop na opwindende beroepsmoontlikhede in die taalkunde.”
Ons Programme
Voorgraadse programme
Ons voorgraadse programme is geskik vir verskillende taalagtergronde en belangstellings.
- Afrikaanse Taalverwerwing is ideaal as Afrikaans nie jou huistaal is nie, of as jy jou vaardigheid in die taal en kultuur verder wil ontwikkel.
- Afrikaans en Nederlands is bedoel vir studente met Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal en fokus op letterkunde en taalkunde.
Nagraadse programme
Ontwikkel jou kundigheid verder met nagraadse studie aan die Departement Afrikaans en Nederlands.
- Afrikaans en Nederlands: Letterkunde, taalkunde en kultuurstudie
- Kreatiewe Skryfwerk: Ontwikkel en slyp jou skryftalent
- Taalpraktyk (Vertaling): Professionele vaardighede vir meertalige kommunikasie
- Leksikografie: Die kuns en wetenskap van die samestelling van woordeboeke
Kortkursusse
Brei jou vaardighede uit met kortkursusse in taalpraktyk en taalverwerwing. Hierdie nagraadse kursusse word op ’n aanpasbare manier aangebied via afstandsonderrig, met twee verpligte kontakgeleenthede op kampus per semester. Jy verwerf gevorderde kennis terwyl jy jou studies met ander verantwoordelikhede kan balanseer.
Leer Nederlands
Ons Nederlandse programme is ontwerp vir Afrikaanssprekendes met ’n intermediêre taalbegrip. Jy kan kies tussen twee toeganklike beginvlak-kursusse wat die ooreenkomste en verskille tussen Nederlands en Afrikaans verken. Hierdie kursusse help jou om ’n stewige grondslag in Nederlands te bou — vir effektiewe kommunikasie én professionele ontwikkeling.