Skip to main content
Stellenbosch studente wen by skynhof

Stellenbosch studente wen by skynhof

Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
19 Oktober 2016

021_20161008_1.jpg
Universiteit Stellenbosch studente Mudzuli Rakhivane en Avuyile Gasela het deel gevorm van die span wat die 25ste African Human Rights Moot Court Competition gewen het, wat by die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof op Saterdag 8 Oktober gehou is.

Die groep wat die aansoek gebring het is die Universiteit Stellenbosch en die Institute Universitaire d'Abijan, Côte d'Ivoire, terwyl die respondente Makere University, Uganda en Universidade Eduardo Mondlane, Mozambique was.

Prof Fran Viljoen, direkteur by die Sentrum vir Menseregte ('Centre of Human Rights' oftewel CHR) het die afsluitingsgeleentheid gemodereer. Professor Johann van der Westhuizen, een van die stigters van die CHR en afgetrede regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, het 'n vinnige oorsig gegee van die Sentrum se oorsprong en hoe die African Moot Court ontstaan het.

"In sy interessante en motiverende toespraak het prof Van der Westhuizen die noodsaaklikheid van verskeie kwaliteite van 'n goeie prokureur beklemtoon, asook die noodsaaklikheid daarvan om 'n aktiewe lid van die samelewing te wees. Hy het intelligensie, hardwerkendheid, integriteit, onafhanklikheid, goeie waardes, Ubuntu, 'n sin vir humor, 'n liefde vir jou land en kontinent, die vermoë om te droom, en die bereidwilligheid om deur die voorregte wat jy geniet ander op te hef, beklemtoon," aldus die Sentrum vir Menseregte, Fakulteit Regsgeleerdheid, die Universiteit Pretoria. 

Lees die volle artikel hier.