Skip to main content

Sosiale Impak-gemeenskapsoggend wys nuwelinge hoe betrokke en aktiewe burgerskap by die US werk

Datum: 06 Februarie 2026 09:00 - 06 Februarie 2026 12:00
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gehoor:
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
various

Kontakbesonderhede

Michelle Pieters

Meer as 6 000 studente neem Vrydag 6 Februarie 2026 (09:00–12:00) aan die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend deel as deel van die die Universiteit Stellenbosch (US) se Verwelkomingsweek vir nuwelingstudente. 

Die oggend word deur die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) aangebied en bied nuwelinge ’n praktiese bekendstelling aan betrokke en aktiewe burgerskap, gemeenskapsvennootskappe en volhoubare ontwikkeling. Deur saam met gemeenskapsvennootorganisasies rondom die Stellenbosch- en Tygerbergkampus aan aktiwiteite deel te neem, sal studente persoonlik ervaar hoe hulle tot positiewe verandering in die samelewing kan bydra. 

Die geleentheid strook goed met die US se verbintenis tot die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling (DVO’e) en die Afrika-unie se Agenda 2063. Namate Afrika se dekade van versnelling (2024–2033) momentum kry, bly onderwys en jeugbetrokkenheid noodsaaklike dryfvere van volhoubare ontwikkeling. Om dít te ondersteun, sal die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend studente toerus met die bewustheid, waardes, graduandi-eienskappe, praktiese ervaring en vrywilligergeleenthede om tot diens van die samelewing te wees. Boonop sal die sterk klem op DVO’e in elke aktiwiteit op die oggend se program toon hoe wêreldwye ontwikkelingsdoelwitte deur plaaslike aksie geïmplementeer kan word. 

Studente sal insig verkry in:

  • die waarde van gemeenskapsgedrewe oplossings;
  • hoe individuele bydraes ’n voelbare impak kan hê;
  • die belang van samewerking tussen studente, gemeenskappe en die Universiteit; en
  • praktiese maniere om die DVO’e op plaaslike vlak te implementeer.

Om hierdie lesse selfs verder vas te lê, sal CASIT en die Sentrum vir Studentelewe en -leer (Afdeling Studentesake) US-studente die hele jaar deur bystaan en ondersteun om volhoubare inisiatiewe te lei waarby gemeenskappe, organisasies én studente ewe veel baat.

Vir verdere inligting, e-pos Michelle Pietersen (programbestuurder) by CASIT by [email protected].