Popular searches
Ooptoegangsinisiatiewe van die Universiteit Stellenbosch
Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens het aansienlike hulpbronne belê om Ooptoegangsinisiatiewe binne sy gebruikersgemeenskappe te verhoog.
Oop toegang
Oop toegang (open access (OA)) verwys na die praktyk om onbelemmerde toegang deur middel van die Internet te verleen tot vakkundige portuurbeoordeelde navorsingsartikels, tesisse, proefskrifte/verhandelings, monografieë en hoofstukke in...
SUNJournals
Die implementering van 'n platform genaamd SUNJournals om ooptoegang- wetenskaplike tydskrifte te huisves, is 'n gesamentlike poging van die US Biblioteek- en Inligtingsdiens, akademiese departemente en ander eenhede verbonde aan die...
Ondersteuning vir ooptoegangpublikasie
Oor die jare heen het die Biblioteek- en Inligtingsdiens ooreenkomste onderteken wat daartoe gelei het dat outeurs verminderde publikasiefooie vir ooptoegangpublikasie kon betaal, of in sommige gevalle selfs geen publikasiefooie nie.
SUNScholar
SUNScholar is 'n ooptoegang-elektroniese argief vir die versameling, bewaring en verspreiding van digitale materiaal geskep deur navorsers van Stellenbosch Universiteit, wat van groot akademiese navorsingsbelang is. Primêre elektroniese...
Selfargivering
Die Universiteit Stellenbosch institusionele beleid insake die verpligte selfargivering van navorsingsuitsette is amptelik deur die US Raad op 1 Desember 2014 aanvaar.