In Oktober 2026 sal die Universiteit Stellenbosch Biblioteek- en Inligtingsdiens kollegas uit die biblioteek- en inligtingsektor van regoor die wêreld verwelkom by die 17de Universiteit Stellenbosch Biblioteeksimposium, wat van 20–22 Oktober by die Wallenberg-konferensiesentrum, geleë binne die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS), plaasvind.