Skip to main content

Nagraadse Studies​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement SISTEMATIESE TEOLOGIE EN EKKLESIOLOGIE​

Dié dissiplinegroep konsentreer daarop om die Christelike geloof binne die ekumeniese debat te verstaan, en op ’n teologiese etos wat kultuurverskille in ag neem. Fundamentele kwessies van lering, gedrag, kerk en amp sowel as verskeie aspekte van kerklike belydenis word aan die hand van verskille in historiese agtergrond bestudeer.

Ons bestudeer die geloof, belydenis en lewe van die kerk en gelowiges, en ook die vorme en geskiedenis van die kerk en geloof, waaronder die getuienis en roeping van die kerk deur die eeue en in uiteenlopende sosiale en kulturele omgewings​.

Departementele​ Administrateur​
Me Wilma Riekert
+27 21 808 3576