Skip to main content

NAGRAADSE STUDIES

Fakulteit Ingenieurswese


Webwerf
Jaarboek

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​*Alle programme is geskik vir internasionale studente.

Die Fakulteit Ingenieurswese is een van die voorste opleidingsinstansies van hoëvlakingenieurs in Suid-Afrika. Die Fakulteit is in 1944 gestig en bestaan tans uit vyf departemente, naamlik Siviele Ingenieurswese, Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Bedryfsingenieurswese, Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, en Chemiese Ingenieurswese​.

Die Fakulteit is in ’n groot geboukompleks geleë en het uitstekende onderrig- en navorsingsfasiliteite en uitgebreide steuninfrastruktuur. Sy missie is om, deur navorsing, onderrig en dienslewering aan die bedryf en die gemeenskap, as ’n kostedoeltreffende bron van uitnemende tegniese vaardigheid en professionele leierskap te dien.

Die Fakulteit Ingenieurswese het ’n jare lange tradisie van noue bedryfsamewerking, en verskeie interne organisasies fasiliteer sowel kontraknavorsing as konsultasie vir die bedryf​.

Die groot aantal internasionale samewerkingsooreenkomste van die Fakulteit stel nagraadse studente in staat om hulle studies en projekte deels in die buiteland te voltooi. Verdere inligting oor hierdie internasionale vennootskappe kan van die depart​​ementele voorsitters aangevra word.

Alle studente sonder Suid-Afrikaanse burgerskap kan toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme verkry mits hulle ’n amptelike studiepermit bekom en aan alle toelatingsvereistes voldoen.

Die onderrigtaal op nagraadse vlak is Engels​.​​

​Ms Nicole Hartzenburg
Faculty Administrator: Doctoral programmes
+27 21 808 9111
Ms Wilna Wessels
Faculty Officer​: Postgraduate Diploma and Master's programmes
+27 21 808 9111

Supporting Documents

Your programme may require supporting documents with your application. Check via the link below: