Skip to main content

Ons waardes


Die Universiteit se gedeelde waardes hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig teenoor onsself en ook teenoor ander (“ons handelingsriglyne”).

Die US se institusionele waardes, soos uiteengesit in Visie 2040, hou verband met ons werk (uitnemendheid), ons skakeling met ons direkte en indirekte belanghebbendes (respek, billikheid, deernis) en die toepassing van ons gedrag (verantwoordbaarheid). Hierdie waardes tesame bevorder etiese gedrag by die US. Waardes word lewendig in verhoudings en word deur gesprekke gekoester. Die US se waardes is almal ewe belangrik, onderling verbind, en ondersteun die US se etiese en gedragskode (Kode 2040). Alle belanghebbendes dra deur die konsekwente toepassing van ons waardes tot die verwesenliking van Visie 2040 by. 

SU values graphic
Image by: Photoshop design
SU_Values table_Website_English v2

Waarde-integrasie

Ter ondersteuning van die beginsels uiteengesit in Kode 2040 is die Universiteit Stellenbosch altyd verbind tot etiese optrede, in die besonder uitnemendheid in ons werk, respek en deernis in ons interaksies met ander mense, en verantwoordbaarheid vir ons handeling. Ons verbintenis word in die grafiek uiteengesit.

Values integration_circle graphic_Afr2