Visie 2040
Die US se aspirasies vir die verwesenliking van Visie 2040 is:
- ’n Onberispelike reputasie as ’n trotse Afrika-kennissentrum wat die vasteland deur middel van navorsing, innovering en onderwys bedien.
- ’n Getransformeerde en geïntegreerde akademiese gemeenskap wat kritiese denke vier, debatvoering bevorder en tot demokrasie, menseregte en maatskaplike geregtigheid verbind is.
- Om ’n allesomvattende impak op die maatskaplike, finansiële en omgewingswelstand van die dorp, streek, land en vasteland te hê.
- ’n Stelselmatig volhoubare instelling in ekonomiese, maatskaplike en omgewingsterme wat as ’n nasionale bate in die uiteenlopende behoeftes van ons gemeenskappe voorsien.
Visie 2040 is ’n samevatting van die US se visie- en missiestelling, waardes, kenmerke en instaatstellers.