Strategiese Raamwerk
Die doel van die Strategiese Raamwerk is om as riglyn te dien vir die US se toekomstige posisionering, en om die US se strategie te rig en te illustreer waar en hoe die Universiteit geposisioneer is. Die ses kern strategiese temas verskaf ’n raamwerk vir toekomstige beplanning. Hierdie gedetailleerde beplanning is deel van die jaarlikse Institusionele Plan en het ten doel om die US se institusionele strategie, prioriteite en doelstellings te integreer en doeltreffend te koördineer. Die onderskeie omgewingsplanne van al die verantwoordelikheidsentrums, fakulteite en professionele administratiewe steundienste sal met hierdie strategiese raamwerk en die Institusionele Plan belyn word.
Die dokument hier onder bevat die volledige strategiese raamwerk, benadering, prosesse, konteks en algehele reis wat tot die ontwikkeling van die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk gelei het.