Restitusiestelling
Die Universiteit Stellenbosch het ’n Restitusiestelling in die Universiteit se Eeufeesjaar (2018) aanvaar.
Sedert 2018, met die oog op die toekoms, streef die US daarna om ’n relevante universiteit te wees wat ’n sleutelrol sal speel in die ontwikkeling van ons land en vasteland. Ons is daartoe verbind om by te dra tot ’n samelewing van waardigheid, genesing, geregtigheid, vryheid en gelykheid vir almal. In ons Eeufeesjaar het ons erken ons is bewus daarvan dat die vorige 100 jaar baie ongeregtighede vir baie mense in ons land meegebring het. Dit is formeel in die Universiteit se Restitusiestelling opgeteken.
Restitution statement (2018)
Stellenbosch University (SU) acknowledges its inextricable connection with generations past, present and future. In the 2018 Centenary Year, SU celebrates its many successes and achievements. SU simultaneously acknowledges its contribution towards the injustices of the past. For this we have deep regret. We apologise unreservedly to the communities and individuals who were excluded from the historical privileges that SU enjoyed and we honour the critical Matie voices of the time who would not be silenced. In responsibility towards the present and future generations, SU commits itself unconditionally to the ideal of an inclusive world-class university in and for Africa.
Ilizwi ngembuyiselo (2018)
IYunivesithi yaseStellenbosch (SU) iyavuma ngezinto ezingazange zisonjululwe phakathi kwayo nesizukulwana esidlulileyo, esangoku nezizayo. Kumnyaka ka-2018 wokugqiba iNkulungwane, i-SU ibhiyozela impumelelo nokufezekisa kwayo izinto ezininzi. Kwangaxeshanye, i-SU iyalivuma igalelo layo kwizenzo ezichasene nobulungisa zexesha elidlulileyo. Ngelo galelo siyazisola kakhulu. Siyaxolisa ngokungazenzisiyo kuluntu nakubantu abazivinjwayo iinyhweba zembali ezazisonwatyelwa yi-SU kwaye siwahlonipha kakhulu amazwi eeMatie angelo xesha angazange avume ukuvalwa imilomo. Ukubonakalisa inkathalo ngokujoliswe kwisizukulwana sangoku nesizayo, i-SU iyazibophelela ngokungagungqiyo ukubandakanya bonke abalungele ukuxhamla kwiYunivesithi equka wonke ubani nekwizinga lehlabathi, phakathi eAfrika neyeyeAfrika ngokunjalo.
Restitusiestelling (2018)
Die Universiteit Stellenbosch (US) erken sy onlosmaaklike verbondenheid met die geslagte van die verlede, hede en toekoms. In die 2018 Eeufeesjaar vier die US sy talle suksesse en prestasies. Die US erken terselfdertyd sy bydrae tot die onreg van die verlede. Hieroor het ons diepe berou. Ons vra sonder voorbehoud om verskoning aan die gemeenskappe en individue wat uitgesluit was van die historiese voorregte wat die US geniet het en ons huldig die kritiese Matie-stemme wat nie tot swye gebring kon word nie. In verantwoordelikheid teenoor die huidige en toekomstige geslagte, verbind die US hom onvoorwaardelik tot die ideaal van 'n inklusiewe wêreldklas-universiteit in en vir Afrika.