Skip to main content

Konvokasie

Die Konvokasie dien as ’n platform vir US-alumni om hulle mening te lug, idees uit te ruil en tot die rigting en toekoms van die instelling by te dra. Volgens die institusionele reëls vir die Konvokasie sowel as die US Statuut is dit die Konvokasie se mandaat om ’n wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en Konvokasielede te handhaaf. Deur die Raad en Senaat van advies te voorsien, vervul die Konvokasie ’n belangrike rol in die welstand van die Universiteit.


Wie is die Konvokasie?

Die Konvokasie bestaan uit alle US-gegradueerdes, akademiese personeel, en voormalige voltydse akademiese personeel wat aftreeouderdom bereik het. Om doeltreffende kommunikasie te verseker, is dit noodsaaklik dat jy jou kontakbesonderhede by OAB bywerk. As ’n Konvokasielid, kan jy stem oor kwessies wat ter tafel gelê word, en sal jy belangrike kennisgewings ontvang.​​

Rolle in die Uitvoerende Komitee

Die Uitvoerende Komitee, wat uit vyf verkose verteenwoordigers bestaan, hou toesig oor die Konvokasie se werksaamhede en dien as ’n skakel tussen die Konvokasielede en die bestuur van die Universiteit. Hierdie lede beklee hulle amp vir drie jaar en dra aktief tot die aktiwiteite van die Konvokasie by. Die nuwe Uitvoerende Komitee word in 2024 verkies. 

Die impak van die Konvokasie

Die Konvokasie dien as ’n raadgewende liggaam vir die Raad en die Institusionele Forum. As ’n Konvokasielid, kan jy advies gee, persone vir poste benoem, en verteenwoordigers tot die Universiteit se oorsigbestuursliggame verkies. Deelname aan die Konvokasie bied jou die geleentheid om belangrike besluite oor beleide, bestuursaanstellings en die algemene institusionele kultuur te beïnvloed.

Wie is lede van die Konvokasie?

Almal aan wie ʼn kwalifikasie by ʼn kongregasie (d.w.s. ʼn gradeplegtigheid) van die US toegeken is, is lede van die Konvokasie; so ook die Rektor, Viserektore, Uitvoerende Bedryfshoof en voltydse akademiese personeel. Voltydse akademiese personeel aan die US bly ook lede van die US Konvokasie ná aftrede.  

Die Konvokasie word verteenwoording deur sy Uitvoerende Komitee van vyf lede, sowel as drie verteenwoordigers op die Universiteitsraad, en een verteenwoordiger op die Institutionele Forum.

Kontak:  [email protected]>​ 
 

Uitvoerende Komitee

Dr Theo de Jager

Theo de Jager

President

Image-holder_web

Vacant

VisePresident 

Bernard Pieters

Bernard Pieters

Sekretaris​

Isabelle de Taillefer

Isabelle de Taillefer

Addisionele Lid

Jan Naude de Villiers

Jan de Villiers

Addisionele Lid