
ANO Navorsing met Impak Fokus: Ontmoet ons Uitgelese Professors
Die Universiteit Stellenbosch het in 2014 `n program begin waar ons top navorsers met die titel van Uitgelese Professor vereer word. Dit is geskep om akademici te erken wat die hoogtepunt van prestasie bereik het in hulle universiteitsloopbane. Volgens die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, is hierdie erkenning 'n bevestiging van die Universiteit se verbintenis tot akademiese uitnemendheid, soos weerspieël in die hoë aansien wat ons instelling internasionaal handhaaf. Die kriteria sluit in dat die persoon vir ten minste vyf jaar as `n professor by die US aangestel moet wees; volgehoue uitnemend prestasie; internasionale aansien; en bewese buitengewone prestasie en leierskap in hoër onderwys in navorsing en publikasies, nagraadse studieleiding, leer en onderrig en transformatiewe sosiale impak. Tans is daar 38 uitgelese professors aan die US.
Oor die volgende paar weke stel die Afdeling Navorsingsontwikkeling u bekend aan hierdie merkwaardige akademici, wat elk `n waardevolle bydrae maak tot die US se kern strategiese tema: Navorsing vir Impak, soos uiteengesit in ons Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019 – 2024.
Prof Linus Opara: Uitgelese Professor in Hortologie
Lees Prof Opara se volledige artikel hier.