Hulpbronne en Gereelde vrae
Page Content
HULPBRONNE EN GEREELDE VRAE
Kyk gerus hier onder na bykomende inligting oor hoe om jou onderhoudsvaardighede verder te slyp of jou CV en dekbrief by te werk. Jy sal ook ander hulpbronne hier kry om jouself beter toe te rus vir jou eerste treë in die beroepswêreld.
- Documentbronne-oor-loopbaanverwante-inligting.pdf (224.53 KB)Bronne oor loopbaanverwante inligting
- Documentgraduandi-werwingsprogramboekie-2025.pdf (26.43 MB)Graduandi-werwingsprogramboekie 2025
- Documentvoorbeeld-van-n-curriculumvitae.pdf (280.86 KB)Voorbeeld van ʼn curriculumvitae
- Documentriglyne-vironderhoude.pdf (236.2 KB)Riglyne vironderhoude
- Documentriglyne-vir-die-skryf-van-n-cv.pdf (697.09 KB)Riglyne vir die skryf van ʼn CV
- Documentriglyne-vir-onderhoude-ominligting-te-win.pdf (398.46 KB)Riglyne vir onderhoude ominligting in te winDocumentinformational20interviewingpdf.pdf (398.46 KB)Informational%20interviewing.pdf
- Documentversterk-joulinkedin-profiel.pdf (1.06 MB)Versterk jouLinkedIn-profielDocumentlinkedin20profile20tipspdf.pdf (1.06 MB)LinkedIn%20Profile%20Tips.pdf
- DocumentJou persoonlikehandelsmerkprofielop sosiale mediaDocumentsocial20media20pamphlet20cscdpdf.pdf (1.9 MB)Social%20Media%20Pamphlet%20CSCD.pdf
- Documentgradnext-tydskrif.pdf (8.94 MB)GRADNext Tydskrif
- Documentloopbane-wiskunde.pdf (7.83 MB)Loopbane in wiskunde
Voorbeelde van dekbriewe
- Documentsosiale-wetenskappe.pdf (177.58 KB)Sosiale wetenskappeDocumentDownloadables%20Cover-Letter-1-Social-Sciences.pdf
- Documentakademiese-brief.pdf (9.76 KB)Akademiese briefDocumentDownloadables%20Academic-Cover-Letter-Example.pdf
Werksessies - Aanlyn opnames
Get Ready2Work: CV Skryf | Get Ready2Work: Onderhoudsvaardighede | Get Ready2Work: LinkedIn Profiel |
Gereelde vrae van studente
Kan julle vir my ʼn werk kry?
Nee. Ons is nie ʼn plasings- of werwingsagentskap nie, maar ons help studente om doeltreffend vir die werksoekproses voor te berei. Ons organiseer ook netwerkgeleenthede met besighede en bestuur die loopbaanportaal Gradlinc waar besighede poste-advertensies kan plaas. Verder stuur ons geteikende e-posse met ʼn lys van beskikbare poste aan studente.
Ek is ʼn eerstejaarstudent. Kan ek die dienste van die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste gebruik?
Ja. Hoewel ons daarop fokus om ons finalejaarstudente vir die beroepswêreld voor te berei, is dit belangrik om van jou eerste jaar af aan jou loopbaandoelwitte en werksoekvaardighede te begin werk. Ons stel voor dat eerstejaarstudente die werksessies wat ons aanbied, bywoon.
Ek wil graag ʼn afspraak maak om my CV te ontwikkel. Hoe doen ek dit en wat het ek hiervoor nodig?
Registreer vir ons werksessies by Gradlinc, voltooi jou profiel, gaan na Geleenthede, dan Werksessies en bespreek vir ʼn sessie vir die opstel van ʼn CV. As jy nog bystand nodig het, kontak Thobeka Msi by [email protected] om ʼn afspraak vir ʼn individuele sessie te maak. Stuur vir haar ʼn weergawe van jou mees onlangse CV en bring ook ʼn weergawe op papier saam wanneer jy kom vir julle afspraak.
Ek het ʼn onderhoud in die vooruitsig en wil graag met iemand gesels oor hoe ek vir die onderhoud kan voorberei.
Registreer vir ons werksessies by Gradlinc, voltooi jou profiel, gaan na Geleenthede, dan Werksessies en bespreek vir ʼn sessie oor onderhoudvaardighede. Hierdie moenie ʼn besluit op die laaste oomblik wees nie – gee jouself genoeg tyd om voor te berei. As jy meer inligting nodig het, kontak gerus vir Thobeka Msi by [email protected].
Waar en wanneer word julle werksessies aangebied?
Ons bied al ons werksessies gedurende die etensuur aan, en dit is vir datums dwarsdeur die jaar geskeduleer. Sessies word by die Loopbanekantoor in Victoriastraat 43, Stellenbosch, aangebied. Vir ʼn volledige lys werksessies kan jy Gradlinc besoek.
Hef julle ʼn fooi vir julle dienste?
Ons dienste is gratis.
Moet ek my CV saamneem na loopbaanskoue?
Dit is ʼn baie goeie idee om ʼn paar afskrifte van jou CV na enige loopbaanskou saam te neem. As ʼn verteenwoordiger van ʼn besigheid belangstelling toon om met jou op te volg, kan jy vra of hulle dalk ʼn afskrif van jou CV wil hê.
Ek wil my studierigting verander en ek het nodig om met iemand daaroor te gesels.
Kontak jou fakulteitsekretaris in Admin A oor jou vrae en behoeftes in hierdie verband. Jy kan ook die SSVO, in Victoriastraat 43, by 021-808 4707 skakel vir ʼn afspraak met ʼn voorligtingsberader.
Ek het verlede jaar graad gevang en ek het nou loopbaanadvies nodig. Kan julle help?
Die Kantoor vir Studentewerwing/Voornemende Studente bied loopbaanadvies aan alumni en voornemende studente wat verder wil studeer. Besoek hulle hier vir meer inligting.
Is julle werksessies oop vir enigeen?
Ons werksessies is net beskikbaar vir studente
wat tans aan die US studeer.
Ek is op soek na deeltydse of vakansiewerk. Waar kan ek begin kyk?
Klik hier vir
ons jongste vakatures. Jy kan ook op Gradlinc registreer
sodat ons jou kan laat weet as daar nuwe vakatures is.
Ek moet met ʼn akademiese voorligter gesels en wil graag ʼn afspraak maak.
Skakel 021 808 4707 of besoek die Sentrum by Victoriastraat 43, Stellenbosch, om ʼn afspraak te maak.