
US verwelkom internasionale studente
Hulle is van regoor die wêreld en begin die jaar as Matie-studente. Sowat 300 internasionale studenten van lande so ver as Roemenië, die Tsjeggiese Republiek, Benin, Madagaskar, Slowenië, Rusland, Rwanda en Pole het 'n drie dae lange verwelkoming-en en oriëntering program van die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) bygewoon.
Die program gee nuwe internasionale studente 'n oorsig van Universiteit Stellenbosch (US). Dit is vanaf 19-21 Januarie aangebied en studente is ingelig oor kampuslewe, fasiliteite, dienste en geleenthede by die US.
"Wees buigsaam, vind jul weg op die kampus en geniet die tyd hier," het Robert Kotzé, Senior Direkteur van die NGIK, aan studente gedurende die openingsessie van die program gesê.
Moenie verwag dat dit dieselfde as by die huis gaan wees nie. Dit gaan nie dieselfde wees nie. Jy is in 'n nuwe land, by 'n nuwe instelling," het hy die studente, wat vir nie-graad en voltydse graad programme by US ingeskryf is, meegedeel.
"My uitdaging aan julle – wees oop vir die Matie-ervaring. Reik uit na Suid-Afrikaners, die mense rondom julle."
Hy het die US se navorsing, akademiese en sportprestasies uitgelig en gesê dat hulle 'n uitstekende instansie, waar akademie hoog op die agenda is, gekies.
Onder diegene wat die verwelkomingsessie bygewoon het was die Duits-gebore Leila Wandelt, 'n student aan die Universiteit van St. Gallen in Switserland. Leila wat 'n semester by die US gaan spandeer, sê sy het by vriende gehoor SU is 'n uitstekende universiteit. Leila gaan vir die volgende ses maande besigheidsbestuur studeeer.
Anton Avertoft van Jönköping Universiteit in Swede het gesê hy sien uit na sy tyd by die US en wil graag meer oor die land leer. "Suid-Afrika is 'n pragtige land en die ervaring sal interessant wees."
Chan Hey Man, 'n student aan die Chinese Universiteit van Hong Kong, wil graag meer oor stedelike beplanning-en ontwerp leer. Vir die volgende ses maande gaan hy klasse in fotografie en Afrikaans bywoon.
Sanjana Gunasee, 'n student van Mauritius, is by US ingeskryf vir 'n PhD in Chemiese Ingenieurswese. Die nagraadse student sê sy het Universiteit Stellenbosch gekies omdat haar toesighouer hier is.
Die Universiteit Stellenbosch het meer as 4000 internasionale studente wat 122 nasionaliteite verteenwoordig. Vir meer inligting oor ons internasionale netwerke en vennootskappe klik hier.