
Internasionale Dag vir Verpleegkundiges: Belê in onderrig en opleiding van verpleegkundiges – US-kenners
12 Mei 2022
Op Donderdag 12 Mei word die Internasionale Dag vir Verpleegkundiges gevier. In meningsartikels vir die media beklemtoon proff Hester Klopper (Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake) en Portia Jordan (Departement Verpleeg- en Verloskunde) hoe belangrik dit is om in die onderrig en opleiding van verpleegkundiges te belê ten einde die kritieke tekort aan behoorlik gekwalifiseerde verpleegpersoneel wêreldwyd aan te spreek. Klik op die skakels hier onder om die gedeeltelik vertaalde weergawes van die artikels te lees.
- Prof Hester Klopper (Daily Maverick)
- Prof Portia Jordan (Health24)
Foto deur Rusty Watson by Unsplash.