Die US bestuur heet jou welkom
Waar jy gereed maak om jou reis aan die Universiteit Stellenbosch (US) te begin, is personeel en studenteleiers aan die Universiteit steeds hard besig met voorbereiding om jou in 2026 by die Universiteitsgemeenskap te verwelkom.
Net soos die res van die Universiteitsgemeenskap, sien ons Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, die waarnemende Studentedekaan, dr Leslie van Rooi, en ons Viserektor: Leer en Onderrig, prof Richard Stevens, daarna uit om jou op Woensdag 28 Januarie 2026 in persoon welkom te heet by die Rektor se Verwelkoming. Klik op die onderstaande video’s om na hulle boodskappe te luister, wat jou aanmoedig om die beste gebruik van die 2026 Verwelkomingsprogram te maak, om uit jou gemaksone te tree en nuwe mense te ontmoet, nuwe belangstellings te verken en om, wanneer jy dit ook al nodig het, vir hulp en ondersteuning te vra – nou en regdeur jou reis aan die US.
Ons is opgewonde om jou by Maties te verwelkom
Rektor en Visekanselier, Prof Deresh Ramjugernath
Ontmoet die Universiteit Stellenbosch se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath. Klik op sy foto om na sy verwelkomingsboodskap te luister en meer te leer oor die “kleurvolle, diverse gemeenskap” waarby jy binnekort sal aansluit en wat studentelewe jou aanbied.
Ontmoet nuwe mense, verken wat jou interesseer, en raak betrokke by die kampuslewe. Bly veilig, kyk uit vir mekaar, en onthou dat ons baie ondersteuningsdienste hier het om jou te help om jouself te vestig en sukses te behaal.
Waarnemende VR: Leer en Onderrig, Prof Richard Stevens
Ontmoet die Universiteit Stellenbosch se waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig, prof Richard Stevens. Klik op sy foto om te luister na sy verwelkomingsboodskap vir alle nuwelinge. Of jy van regoor die dorp, die land of die wêreld heet, jy is nou deel van 'n gemeenskap wat geesdriftig is oor leer, ontdekking en die maak van ’n verskil.
By Stellenbosch glo ons dat leer nie net gaan oor wat in die klaskamers gebeur nie. Ja, dit is belangrik, maar ook belangrik is om oral geleenthede en netwerke te vind – in jou lesings, in jou studentegemeenskappe, in studenteverenigings, maar ook in gesprekke wat jou uitdaag en inspireer.
Waarnemende Studentedekaan, Dr Leslie van Rooi
Ontmoet ons Waarnemende Studentedekaan, Dr Leslie van Rooi, wat aan die hoof staan van die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan aan die Universiteit Stellenbosch. Klik op sy foto om na sy boodskap van bemoediging te luister terwyl jy “’n nuwe fase van jou lewe begin”.
Wanneer jy hier aankom, sal jy aan ons medeleiers, medestudente voorgestel word, en jy sal die geleentheid kry om deel te neem aan 'n goed ontwerpte Verwelkomingsprogram wat jou sal bekendstel aan al die fasette van wat dit beteken om 'n Matie te wees.