
Historiese verwonding en langtermyn gevolge op internasionale konferensie bespreek
21 November 2018
Wat is die gepaste reaksie op die eggo's van historiese verwonding wat veel verder strek as net die generasie wat dit direk ervaar het? Watter strategieë kan aangewend word om die vêrreikende gevolge van volksmoord, slawerny, koloniale onderdrukking en massageweld wat uitspeel in die lewens van diegene aan beide kante van hierdie dade, die hoof te bied?
Dít is van die vrae wat afgevaardigdes na 'n internasionale konferensie met die tema Recognition, Reparation, Reconciliation: The Light and Shadow of Historical Trauma gaan bespreek. Die inspirasie vir die konferensie is die 20ste herdenking van die verslag van die Waarheid en Versoeningskommissie (WVK).
Van die internasionaal-bekende sprekers by die konferensie is:
- Prof Homi Bhabha, Harvard Universiteit, die wêreld se voorste post-koloniale literêre teoretikus (Do 6 Des, 09:00): A Memory of Neighbours: On History and the Afterlife.
- Prof Cathy Caruth, Cornell Universiteit, kundige in trauma-teorie en skrywer van grondliggende tekste op dié gebied (Vr 7 Des, 08:30): Death and Life at the Site of Address
- Regter Albie Sachs, voormalige regter van die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof en argitek van die post-apartheid Grondwet: (Vr 7 Des, 16:45), saam met Homi Bhabha): Living with the Past: A Conversation
- Prof Sarah Nuttal, Direkteur van die Wits-instituut vir Sosiale en Ekonomiese Navorsing, 'n vooraanstaande interdissiplinêre navorsingsinstituut in die geestes- en sosiale wetenskappe in Suid-Afrika (Vr 7 Des, 12:00): Dark Light: Coming Out of Trauma
- Prof Michael Rothberg, Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (UCLA), bekende geleerde in trauma, herinnering en post-koloniale teorie (Sa 8 Des, 08:45): The Implicated Subject: Rethinking Political Responsibility
- Prof Achille Mbembe, Wits Universiteit, denkleier en kenner van Afrika-geskiedenis, politiek en sosiale wetenskappe. (Sa 8 Des 17:00– lesing oop vir die publiek)
- Tamar Garb, Direkteur van die Instituut vir Gevordere Studies aan die Universiteitskollege Londen - haar werk fokus op kuns en kultuur in Suid-Afrika, feminisme, ras en internasionale politiek: (So 9 Des, 09:00): Making Art in the Light and Shadow of Historical Trauma
- Jacqueline Rose (Universiteit van Londen) en Jessica Benjamin (New York-psigoanalis), internasionaal bekend vir hul werk oor die verhouding tussen psigoanalise en feminisme en hul betrokkenheid by die politiek van Israel-Palestina (So 9 Des, 15:45): What Light Might Psychoanalytic Attention to the Inner Life Throw on the Repetitions of History?
- Lindiwe Hani sal praat oor haar ontmoeting met Janusz Walus, die man wat haar pa, Chris Hani vermoor het.
- Candice Mama en Siya Mgoduka, wie se pas's vermoor is in operasies waarin Eugene de Kock betrokke was, sal praat oor hoe hul ervaring van De Kock. Mgoduka sal ook in gesprek wees met sy ma, Doreen Mgoduka, oor haar vergewensgesindheid teenoor De Kock.
- Die nalatenskap van verpligte militêre diens in die Suid-Afrikaanse Weermag gedurende apartheid, kom ook aan bod.