Skip to main content
Student laat haar nie deur gestremdheid ontmoedig nie

Student laat haar nie deur gestremdheid ontmoedig nie

Wilma Stassen
11 Mei 2016

As 'n jong kind, het dokters voorspel dat Samantha Stander, tans ', nooit sal kan loop nie. Sy was met ernstige oorerflike ontwikkelingsdisplasie gediagnoseer.

 Vandag is Samantha 'n tweedejaar mediese student aan Universiteit Stellenbosch en sy het al meer as 20 hardloopwedlope voltooi​, insluitend die uitdagende The Grind hindernis-wedloop.  ​

Tweet: Samantha Stander, a second year SU medical student completed more than 20 running races​

Tydens dié wedloop moes sy nie net hardloop nie, maar ook oor mure klim, deur modder kruip en in 'n steengroef swem (om maar 'n paar hindernisse te noem) om die eindpunt te bereik.

Weens haar gebrek het sy beperkte gebruik van haar bene, wat beweging moeilik en pynlik maak.

"The Grind was beslis die taaiste wedloop wat ek nog gedoen het. Die hindersbaan daag elke aspek van jou liggaam uit – jou bene, arms en ook jou gees," vertel Stander.

Ter voorbereiding vir The Grind is Stander opgelei deur Dominique D'Oliveira, wat ook een van Stander se spanmaats was gedurende die wedloop.

As gevolg van haar displasie kon Stander geen sport beoefen het terwyl haar liggaam gegroei het nie, en het sy eers verlede jaar aktief begin raak. Tans kan sy slegs kort afstande hardloop en wissel sy tussen draf en staf wanneer sy 'n wedloop doen.

"Ek moet myself aanhoudend oorreed om die wedloop klaar te maak, ek het geen verskoning om nie tot by die eindpunt te kom nie, selfs al moet ek myself oor die eindpunt sleep," gee Stander te kenne.

Sy is oorgehaal om aan te hou met hardloop- en hindernis-wedlope en het ook onlangs begin fietsry en sy het reeds haar oog op die Kaapstad-fietstoer vir 2017.​​