
Koolstofbelasting styg; besighede kry meer tyd om vrystellings te verminder
Die artikel, South Africa's carbon tax rate goes up but emitters get more time to clean up, deur dr Lee-Ann Steenkamp is op 25 Februarie 2022 in The Conversation gepubliseer.
Om die oorspronklike artikel te lees, kliek hier.
Ná afloop van konsultasies en openbare debate wat 'n dekade lank geduur het, het Suid-Afrika in Junie 2019 'n koolstofbelasting ingestel. Die Tesourie het sterk teenkanting gekry, veral van ondernemings wat energie-intensief is. Die land se bekragtiging van die Parys Klimaatsooreenkoms in November 2016 was egter 'n teken van die regering se verbintenis om klimaatsverandering die hoof te bied. Dit was die dryfkrag agter die implementering van koolstofbelasting.
Die belasting heg 'n koste aan die vrystelling van kweekhuisgasse ooreenkomstig die beginsel van 'besoedelaar betaal'. Die doel is om die gedrag van groot vrystellers te verander.
- Om die res van die artikel te lees, kliek hier.
- Dr Lee-Ann Steenkamp is 'n senior dosent in belasting aan die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB).
- Foto deur Martin Adams op Unsplash