Skip to main content

BRek

Baccalaureusgraad
ID:
0309_100_E100

Die BRek-graad word hoog aangeslaan en word geag as van die mees gesogte voorgraadse opleiding as jy eendag 'n professionele rekenmeester wil word. As 'n geoktrooieerde rekenmeester kan jy maatskappye se finansiële state ouditeer, 'n werk wat statutêre beskerming geniet. 'Statutêre beskerming' beteken daar is 'n wet wat bepaal dat sekere maatskappye se boeke geouditeer moet word en dat net spesifieke professies dit mag doen. Jy sal ook vir heelwat ander beroepe in aanvraag wees, byvoorbeeld as finansiële bestuurder, bestuursrekenmeester of belastingkundige.

Kontakbesonderhede
Lauren Delport
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Die BRek-graad is jou eerste stap om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word. Om die professionele kwalifikasie van geoktrooieerde rekenmeester te verwerf, moet jy
die eksamens van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) en/of die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (IRBA) slaag. ’n Geoktrooieerde rekenmeester kan as ’n ouditeur vir ’n ouditfirma werk. Hierdie beroep geniet statutêre beskerming. Ander poste in finansiële bestuur, bestuursrekeningkunde of belastingkonsultasie kan ook oorweeg word.
Beroepe:
Rekenmeester

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

’n Gemiddelde prestasie van ten minste 70% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 70% OF Wiskunde 60% en Rekeningkunde 70%
- Engels Huistaal 50% OF Afrikaans Huistaal 50% OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70% OF Engels Eerste Addisionele Taal 70%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC write NBTs AQL and MAT IEB-ISC aggregate of at least 70% (excluding Active Citizenry)
- Mathematics 70% OR Mathematics 60% and Accounting 70%
- English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans First Additional Language 70% OR English First Additional Language 70%


German Abitur

University Exemption with 70% average
English or Afrikaans, First or
Second Language, 4 (Nam 6)
Maths 8 (Nam 10) or if Maths is 6 (Nam 8),
then Accounting 8 (Nam 10)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 70% average
English First Language 4 on HL or as a Second Language 4 on HL or SL
Maths 4 on HL or 5 on SL, or if Maths is 4 on SL, then Accounting 4 on HL or 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
70% average
English First Language C on AS-Level/GCSE or as a Second Language C on AS-
Level or A on GCSE/O-Level
Maths B on AS-Level or if Maths is C on AS-Level, then Accounting B on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
70% average
English First Language E on A-Level or C on GCSE/O-Level
Maths D on A-Level, or if Maths is E on A-Level, then Accounting D on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026