Skip to main content

MBChB

Baccalaureusgraad
ID:
0353_100_G100

Die MBChB-leerplan vir die opleiding van dokters vir internskap in Suid-Afrika het 'n intensiewe vernuwingsproses vanaf August 2017 deurloop. Dis die derde groot hersiening sedert die program in 1956 ingestel is. Die nuwe leerplan, wat deur die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika geakkrediteer is, is in 2022 vir die eerste keer met die inname van eerstejaars in werking gestel.

Gebou op die sterkpunte van die vorige leeplan, lê die nuwe leeplan ‘n vaste fondament met ‘n deeglike begrip van die menslike liggaam in sy geheel neer voor studente met die behandeling daarvan begin. Studente kry vroeg in hul opleiding al met pasiënte te doen. Die nuwe leerplan fokus op holistiese sorg, insluitend die gesondheid en welwees van pasiënte en dokters.

Die benaderingsverskuiwing na studentgesentreerde leer werk ‘n meer gebalanseerde en student-vriendelike leeplan in die hand. Die onderrigmetodes is leergesentreerd en maak gebruik van gevorderde multimediategnologie. 'n Klem op navorsing ontwikkel lewenslange, interngedrewe leervaardighede. Hierdie kritieke bekwaamheid verseker dat praktisyns by bly met nuwe ontwikkelings in gneeskunde en pasiënte met gemak met bewysgebaseerde geneeskunde kan behandel.

Dokters wat by die Universiteit Stellenbosch afstudeer sal oor die kennis, vaardighede en gesindhede beskik om gedurende die twee internskapjare die beskikbare geleenthede optimaal te benut. Na afloop daarvan kan hulle selfstandig in die primêre gesondheidsektor funksioneer en het hulle die vermoë en insig verwerf om persoonlik en professioneel te kan ontwikkel.

Kontakbesonderhede
Sandra Munesar
Manager: Academic Administration (Tygerberg Campus)

Programoorsig

Duur
Ses jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Jy sal ná ’n internskap van twee jaar en ’n gemeenskapsdiensjaar in aanmerking kom vir registrasie by die HPCSA in die kategorie Onafhanklike Mediese Praktisyn.
Beroepe:
Dokter

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

’n Gemiddelde prestasie van ten minste 75% in die NSS of ’n gelykstaande kwalifikasie (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 60%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Lewenswetenskappe 50%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory)IEB-ISC aggregate of at least 75% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% Physical Sciences (Physics and Chemistry) 50% Life Sciences 50% Preference will be given to South African citizens, applicants with proof of permanent residency status or those with proof of refugee or asylum seeker status in South Africa, when applicants are considered for selection.

German Abitur

Preference will be given to South African citizens, applicants with proof of permanent residency status or those with proof of refugee or asylum seeker status in South Africa, when applicants are considered for selection. University Exemption with 75% average
Maths 6 (Nam 8), Chemistry and Biology 5
(Nam 7)
Physics recommended but not required, 5
(Nam 7)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

Preference will be given to South African citizens, applicants with proof of permanent residency status or those with proof of refugee or asylum seeker status in South Africa, when applicants are considered for selection. University Exemption with 75% average
Maths, Chemistry and Biology 4 on HL or 5 on SL
Physics a 4 on HL or 5 on SL, recommended but not required

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

Preference will be given to South African citizens, applicants with proof of permanent residency status or those with proof of refugee or asylum seeker status in South Africa, when applicants are considered for selection. University Exemption with
75% average
Maths, Chemistry and Biology C on AS-Level
Physics a C on AS-level, recommended but not required

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

Preference will be given to South African citizens, applicants with proof of permanent residency status or those with proof of refugee or asylum seeker status in South Africa, when applicants are considered for selection. University Exemption with
75% average
Maths, Chemistry and Biology E on A-Level
Physics a E on A-level recommended but not required

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026

Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026