Skip to main content

BCom (Wiskundige Wetenskappe)

Baccalaureusgraad
ID:
0304_139_E100

Indien jy belangstel om 'n finansiële risikobestuurder of portefeuljebestuurder te word, of om kwantitatiewe oplossings vir bestuursprobleme te vind, raai ons jou aan om hierdie program te volg.

Kontakbesonderhede
Lauren Delport
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Datawetenskap: Datawetenskap is ’n interdissiplinêre gebied wat wetenskaplike metodes, prosesse, algoritmes en stelsels gebruik om kennis en insigte uit data in verskillende vorme, sowel gestruktureerd as ongestruktureerd, te onttrek. Die konsepte van kunsmatige intelligensie, masjienleer en groot data is die spil waarom datawetenskap draai. Hoe meer data beskikbaar kom, hoe groter is die mens se behoefte om daardie data te ontgin en te verstaan. Studies toon dat statistiese
ontleding en datavernuf onder die vaardighede is waarna daar wêreldwyd die grootste vraag bestaan, en dat die vraag die aanbod verreweg oorskry.
Finansiële Risikobestuur: Persone met opleiding in finansiële risikobestuur, wiskundige statistiek en finansiële wiskunde word deur groot finansiële instellings as finansiële kwantitatiewe analiste soos finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders en finansiële instrumenthandelaars aangestel.
Operasionele Navorsing: Hierdie praktykgerigte fokusgebied soek na wiskundig gegronde oplossings vir probleme met ’n hoë vlak van kompleksiteit, onsekerheid en konflik in fabrieke, ondernemings, banke, die mynwese en die landbousektor.
Beroepe:
Analis
Wetenskaplike

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

’n Gemiddelde prestasie van ten minste 70% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 75%
- Engels Huistaal 50% OF Afrikaans Huistaal 50% OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70% OF Engels Eerste Addisionele Taal 70%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC write NBTs AQL and MAT IEB-ISC aggregate of at least 75% (excluding Active Citizenry)
- Mathematics 75%
- English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans First Additional Language 70% OR English First Additional Language 70%


German Abitur

University Exemption with 70% average
English or Afrikaans, First or
Second Language, 4 (Nam 6)
Maths 10 (Nam 11)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 70% average
English First Language 4 on HL or as a Second Language 4 on HL or on SL
Maths 5 on SL OR Maths 4 on HL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
70% average
English First Language C on
AS-Level/GCSE/O-Level or as a Second Language C on AS-Level or A on GCSE/O-Level
Maths B on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
70% average
English First Language E on A-Level or C on GCSE/O-Level
Maths D on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026

Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026