Skip to main content

BCom (Bestuurswetenskappe)

Baccalaureusgraad
ID:
0304_148_E100

Hierdie is die graadprogram vir studente wat op 'n loopbaan in 'n bestuursveld wil fokus. Die BCom (Bestuurswetenskappe) bied 'n verskeidenheid modules aan waaruit studente vrylik kan kies. Dit is ook moontlik om in hierdie program op 'n spesifieke area van kundigheid te fokus, wat ons 'n fokusarea noem. Die fokusarea wat jy kies, sal jou uiteindelike loopbaan bepaal.

Kontakbesonderhede
Lauren Delport
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Landbou-ekonomie: Loopbane sluit in entrepreneurskap, algemene bestuur, finansiële bestuur en logistiekbestuur vir die voorsiening van landbougrondstowwe en -dienste, vir
die verwerking en verspreiding van landbouprodukte, en vir landboufinansiering.
Besigheidsanalitiek: Loopbane op die terrein van bedryfsintelligensie, konsultasie, gevorderde analitiek, navorsing in verskeie sektore soos banke, kleinhandelmaatskappye en
navorsingsinstellings.
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur: Hierdie fokusgebied leer jou hoe om jou eie werksgeleenthede te skep en kreatief tot ander ondernemings by te dra. Indien jy graag wil deel word van ’n entrepreneurs- en/of innovasiespan van ’n organisasie, sal jy moontlik in hierdie fokusgebied belang stel.
Finansiële Bestuur: Of jy nou daaraan dink om jou eie onderneming te begin of vir ’n groot maatskappy te werk, is ’n behoorlike kennis van finansiële bestuur noodsaaklik vir sukses. Volg ’n loopbaan as ’n beleggingsanalis, finansiële analis, risikobestuurder, finansiële bestuurder, finansiële konsultant of finansiële adviseur.
Finansiële Beplanning: Hierdie kursus is geskik vir diegene wat belang stel in ’n loopbaan as ’n professionele finansiële beplanner of adviseur in die finansiëledienstebedryf (by ’n versekeringsmaatskappy, ’n onafhanklike finansiëledienstepraktyk, of in die banksektor). Dit is ook bedoel vir diegene wat belang stel in ’n loopbaan as ’n welvaartbestuurder, makelaar, konsultant, versekeringspesialis of kliënteverhoudingsbestuurder.
Menslikehulpbronbestuur: Dít lei tot niestatutêre registrasie as ’n menslikehulpbronpraktisyn by die Suid-Afrikaanse Raad vir Mensepraktyke. Volg ’n loopbaan as ’n personeelbestuurder, marknavorser, opleidingsbestuurder, konsultant of arbeidsverhoudingsbestuurder. (Vir statutêre registrasie as ’n psigometris of bedryfsielkundige, raadpleeg BCom (Bedryfsielkunde).)
Informasiestelselbestuur: Kennistegnologieë is ’n kerndeel van organisatoriese strategieë en prosesse om produktiwiteit, doeltreffendheid en (soms) innovasie te verbeter.
Beleggingsbestuur: Vir diegene wat belang stel in ’n loopbaan as ’n beleggingsbestuurder, beleggingsanalis, aandelemakelaar, portefeuljebestuurder of batebestuurder by ’n
beleggingsbestuursfirma, groot korporasie, trust of stigting.
Logistiekbestuur: ’n Logistiekbestuurder beplan en beheer die doelmatige en doeltreffende vloei en stoor van goedere, dienste en verbandhoudende inligting vanaf die plek van
oorsprong tot by die plek van verbruik. Poste op hierdie gebied sluit in verkrygingsanalis, uitvoerkoördineerder, vraagbeplanner, kontrakbestuurder, voorsienings- en logistiekbestuurder, projekbedryfsbestuurder en bedryfsdirekteur.
Bemarkingsbestuur: Op hierdie gebied sal jy aan verskeie bemarkingsaktiwiteite deelneem soos produkbesluite, prysbepaling, verspreiding, reklame, en bewusmaking van
produkte of dienste. Moontlike loopbane is bemarkingsbestuurder, verkoopsbestuurder, kliëntbestuurder en reklamebestuurder.
Openbare en Ontwikkelingsbestuur: Bestuursloopbane in die openbare, nieregering- en ontwikkelingsektore soos algemene, strategiese, finansiële, personeel-, projek- of programbestuurder. Ontwikkelingsbeplanner, gemeenskapsontwikkelaar of ’n spesialis in beleid- en bestuursnavorsing en -oorlegpleging.
Beroepe:
Bestuurder
Analis
Konsultant

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

’n Gemiddelde prestasie van ten minste 65% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 60%
- Engels Huistaal 50% OF Afrikaans Huistaal 50% OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70% OF Engels Eerste Addisionele Taal 70%

Om vir die fokusgebiede Ekonometrie en Finansiële Sektor te registreer, moet jy ’n finale punt van 70% of hoër vir Wiskunde in graad 12 behaal omdat dít ’n vereiste is vir Aktuariële Wetenskap 112 (’n verpligte module in hierdie fokusgebiede). Let daarop dat hierdie vereiste ook van toepassing is op die algemene Ekonomiese Wetenskappe-rigting indien jy vir Aktuariële Wetenskap 112 wil inskryf.

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC write NBTs AQL and MAT IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry)
- Mathematics 60%
- English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans First Additional Language 70% OR English First Additional Language 70%


German Abitur

University Exemption with 65% average
English or Afrikaans, First or
Second Language, 4 (Nam 6)
Maths 6 (Nam 8) Strict selection guidelines will apply

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
English First Language 4 on HL or as a Second Language 4 on HL or on SL
Maths 5 on SL OR Maths 4 on HL Strict selection guidelines will apply

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
English First Language C on AS-Level/GCSE/O-Level or as a Second Language C on AS-Level or A on GCSE/O-Level
Maths C on AS-Level Strict selection guidelines will apply

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
English First Language E on A-Level or C on GCSE/O-Level
Maths E on A-Level Strict selection guidelines will apply

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026

Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026