B in Datawetenskap
Vir mense wat van rekenaars en wiskunde hou en om inligting deur data-analise te ontdek, gee die program B in Datawetenskap (BDatSci) deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus. Die datalewensiklus behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering.
Bykomend hiertoe en om jou nog beter voor te berei vir die industrie, kies jy een van agt fokusareas (of strome). Só verwerf jy kundigheid in die toepassing van datawetenskap in ’n spesifieke gebied of spesialiseer jy in ’n sekere aspek van datawetenskap.
Kontakbesonderhede
Programoorsig
Duur
Vier jaar
Kampus
Stellenbosch
Meer inligting
Vou alles toe
Loopbaangeleenthede
Analitika en Optimering: Operasionele navorsing is ’n analitiese benadering tot datagedrewe probleemoplossing en besluitneming. Probleme word in basiese dele opgebreek en dan volgens wiskundige metodes in duidelik omskrewe stappe opgelos. Operasionele navorsers gebruik wiskundige optimering om die beste prestasie in die bepaalde omstandighede te bepaal. Hulle gebruik simulasie om te eksperimenteer en oplossings op die proef te stel voordat dit geïmplementeer word. Analitika word op sy beurt gebruik om risiko’s te identifiseer en nuttige insigte te bekom, en om betroubare voorspellings te maak. Die tegnieke wat op hierdie fokusgebied onderrig word, bied datawetenskaplikes ’n unieke voorsprong in die soeke na optimale oplossings vir werklike, praktiese probleme en open deure na loopbane op terreine soos bedryfsanalise en -konsultasie.
Gedragsekonomie: Datawetenskaplikes werk dikwels met data wat aspekte van menslike gedrag vasvang en besluite deur beleggers, verbruikers, werkers, politici, maatskappye en bestuurders weerspieël. Gedragsekonomie ondersoek hoe sielkundige en ekonomiese faktore hierdie besluite beïnvloed. Hierdie fokusgebied sal jou toerus met die vaardighede, modelle en teorieë om menslike gedrag te begryp, te voorspel en te beïnvloed.
Statistiese Leer: Besluitneming in bykans alle omgewings berus op massiewe hoeveelhede data, wat beteken dat daar ’n dringende behoefte bestaan aan vaardige individue wat hierdie oorvloed data kan ontleed en verstaan. Datawetenskap behels oor die algemeen die insameling en stoor van data, die transformasie en grafiese voorstelling van data, en die ontleding van data om voorspellings of afleidings te maak. Die fokusgebied Statistiese Leer behels die identifisering van tendense en patrone in data, en die gebruik van daardie tendense en patrone om statistiese modelle vir voorspelling en klassifisering te bou. Dít is ’n belangrike taak in alle bedrywe, wat beteken dat individue met
hierdie bepaalde vaardighede op ’n verskeidenheid domeine aan oplossings vir werklike, praktiese probleme kan werk.

Beroepe:
Analis
Wetenskaplike
Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB
’n Gemiddelde prestasie van ten minste 80% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 80%
- Afrikaans Huistaal 60% OF Engels Huistaal 60% OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% OF Engels Eerste Addisionele Taal 75%
- Wiskunde 80%
- Afrikaans Huistaal 60% OF Engels Huistaal 60% OF Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% OF Engels Eerste Addisionele Taal 75%
Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula
IEB-ISC
IEB-ISC write NBTs AQL and MAT IEB-ISC aggregate of at least 80% (excluding Active Citizenry)
- Mathematics 80%
- English Home Language 60% OR Afrikaans Home Language 60% OR Afrikaans First Additional Language 75% OR English First Additional Language 75%
German Abitur
University Exemption with 80% average
English 6 (Nam 8)
Maths 11 (Nam 12)
International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)
University Exemption with 80% average
English First Language 4 on HL or as a Second Language 5 on HL or 6 on SL
Maths 6 on SL OR Maths 5 on HL
Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
80% average
English First Language C on AS-Level/GCSE/O-Level or as a Second Language C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths A on AS-Level
Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
80% average
English First Language E on A-Level or C on GCSE/O-Level
Maths C on A-Level

Programstruktuur
Voltyds
Last updated
01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.