
Voedeselwetenskap-student se passie is aansteeklik
Kim Teresa Mannix, 'n student van die Fakulteit AgriWetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US) se entoesiasme vir haar vakgebied is baie aansteeklik en 'n mens kan duidelik sien waarom die Universiteit 'n 2021 Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie aan haar toegeken het.
Die toekennings gee erkenning en vier die prestasies van studente op die gebiede van akademie, sport, leierskap, sosiale impak, kultuur en diensverskaffing. Mannix het saam met vanjaar se ander 81 wenners van hierdie jaarlikse toekenning, haar toekenning vir haar uitmuntende akademiese uitslae by 'n aanlyn seremonie ontvang.
Die jong student, wat haar BSc-graad in Voedselwetenskap voltooi het, is tans besig met haar meestersgraad in die vakgebied. Sy sê sy is dankbaar en voel geëerd om op hierdie manier deur die Universiteit erken te word.
Dit is egter wanneer sy begin verduidelik waarom sy voedselwetenskap as haar gekose vakgebied gekies dat sy regtig begin straal.
“Ek is op 'n jong ouderdom aan voedselwetenskap bekendgestel deur 'n vriendin se ma wat in die bedryf gewerk het. Dit was fassinerend om te ontdek hoeveel werk agter die skerms betrokke is by die bekendstelling van innoverende en veilige produkte aan die mark. Dit is ook nie 'n algemene veld nie, en dit is waarom dit vir my so interessant was."
Sy sê haar passie vir voedselwetenskap is aangevuur by die US en is verwerklik by die Fakulteit AgriWetenskappe se jaarlikse Nuwe produkontwikkelingdag (NPD), waar studente in die voedselwetenskap hul finalejaarprojekte aan verskeie belanghebbers in die voedselbedryf bekendgestel het.
“Ons het 'n nuwe voedselproduk volgens 'n tema te ontwikkel. Die projek het al die aspekte van ons graadstudie gedek, insluitende chemie, biochemie, mikrobiologie, voeding, wetgewing en sensoriese wetenskap. Ongelukkig kon ons weens die pandemie nie ons produkte fisiek formuleer nie. Maar ek het nog steeds baie geleer daardie jaar en my span het baie moeite gedoen. Die dag wat ons ons produkkonsep voorgelê het, was baie opwindend, aangesien ons uiteindelik vir ander mense kon wys waaraan ons so lank gewerk het."
Mannix, wat hoop om aan die einde van 2022 haar meestersgraad te voltooi, het ambisieuse toekomsplanne.
“Ek het die laaste tyd baie in die toepassing van kunsmatige intelligensie begin belangstel en hoe die voedselbedryf kan welp. Dit was ook die grondslag van my studie vir my meestersgraad. Ek hoop ek kan in daardie rigting in my loopbaan beweeg. Ek hoop ook om in die toekoms oorsee te gaan werk," sê sy.
Die voormalige leerder van die Durbanville Curro-skool skryf haar akademiese sukses aan die ongelooflike ondersteuning en begrip van haar skool en ook haar ouers toe.
Sy het die volgende raad vir US-studente wat hoop om suksesvol te wees in hul studie: “Maak vriende met mense in jou graadprogram wat soos jy dink. Ek glo vas dit sou nie vir my moontlik gewees het om so goed te doen sonder my vriende se ondersteuning nie. Dit is wonderlike om iemand wat net so passievol as jy oor die vakgebied is met wie jy jou idees kan bespreek. Maak ten volle gebruik van tutoriale en lesings; deur dít te doen, het dit my dikwels gehelp om my studietyd te verkort."
Klik hier om meer te lees oor die Rektorstoekennings en die ontvangers.
* Altesaam 82 van die Universiteit Stellenbosch (US) se topstudente is onlangs met Rektorstoekennings vir uitnemendheid op die gebied van die akademie, leierskap, sosiale impak, kultuur, sport en dienslewering vereer. Ons sal in die komende weke sommige van die wenners bekend stel.