Skip to main content
Belangrike inligting oor registrasie

Belangrike inligting oor registrasie

Corporate Marketing / Korporatiewe Bemarking
22 Januarie 2016

Meer as 12 000 studente het reeds van self-registrasie/e-registrasie (my sun.ac.za) by die Universiteit Stellenbosch (US) gebruik gemaak. Studente wat egter vir een of ander rede  nog nie self aanlyn kon registreer kan dit doen op Maandag (25 Januarie) en Dinsdag (26 Januarie) - vir die eerstejaarstudente - en van Dinsdag (26 Januarie) tot Donderdag (28 Januarie) vir seniors.

Neem asseblief kennis van die volgende:

  • Registrasie vind plaas in ooreenstemming met die registrasieskedule wat studente aan die einde van verlede jaar ontvang het. Die skedule kan ook in die verwelkomingsprogram gevind word.

  • Alle studente wat vir die eerste keer registreer word versoek om seker te maak hulle het die regte dokumente beskikbaar is om toegang tot NARGA kry om te registreer (meer inligting hier.)

  • Aanlyn-registrasie (self-registrasie) sluit op 26 Januarie vir eerstejaarstudente en op 28 Januarie vir senior studente.

  • Op-kampus registrasie vind plaas in "NARGA" (rekenaargebruikersarea vir studente in die Fakulteit Natuurwetenskappe) in die Admin A-gebou. Die ingang na NARGA is op die noordelike kant van Admin A-gebou, in die rigting van die Natuurwetenskappe-gebou en Merrimanlaan.

  • Op-kampus registrasie by die Tygerberg-kampus is op Vrydag 22 Januarie, ook in ooreenstemming met die registrasieskedule soos voorsien.
  • Eerstejaarstudente in die Verlengde Graadprogramme moet verkieslik van die normale registrasieproses in NARGA gebruik maak.
  • Studente wat die eerste keer vir hul nagraadse graad registreer moet dit in die persoon doen, aangesien dit nie elektronies kan geskied nie.

Gelde by registrasie

Die US het nie registrasie fooie, maar verlang die eerste paaiement van die studiegeld wat R10 512 vir voorgraadse studente (R20,137 in totaal vir voorgraadse studente in die koshuis) en R7 665 nagraadse studente (R17,290 vir nagraadse in koshuis) beloop. Studente kan egter aansoek om later te betaal wat beteken dat hulle die eerste paaiement betaal oor drie maande (Januarie, Februarie en Maart) vereffen.

Uitstaande skuld

Met betrekking tot uitstaande skuld, sal 'n student met 'n beurs vir 2016 wat ten minste die uitstaande skuld sowel as die eerste paaiement vir 2016 dek toegelaat word om te registreer.

Regstellings aan modules

Studente in die Fakulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat ná registrasie in NARGA modules moet byvoeg of verwyder, of onseker is oor wat om op die e-registrasie te doen, moet registreer vir wat hulle kan en dan op Vrydag 29 Januarie vanaf 08: 00-12: 00 NARGA toe gaan om korreksies te maak. Regstellings aan modules vir alle fakulteite kan ook aanlyn gedoen kan word in die eerste twee weke van klasse tot en met Vrydag 12 Februarie of by die Fakulteitsbeamptes in Admin A, ook tot en met Vrydag 12 Februarie.

Studentekaarte

Studente wat self-registrasie gekies het moet hul studentekaarte gedurende die toegelate tydsgleuwe, soos op die normale registrasieprogram aangedui, aktiveer. Let ook daarop dat senior studente nie nuwe studentekaarte hoef af te haal nie aangesien hierdie outomaties ná 'n suksesvolle registrasie geaktiveer word.