
US-navorsers ding mee om nasionale wetenskaptoekennings
Sewe gesiene navorsers van die Universiteit Stellenbosch sal die instelling as finaliste by die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32 se toekennings vir 2023/24 verteenwoordig. Hulle sal op Donderdag, 11 Julie 2024 om dié gesogte jaarlikse toekennings – Suid-Afrika se Oscars vir die wetenskap – meeding.
Die NWTF/South32-toekennings word as die land se gesogste eerbewyse in hulle soort beskou. Die pryse erken, vier en beloon individue, spanne en organisasies se uitmuntende bydraes tot die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika. Mededingers sluit ervare wetenskaplikes, ingenieurs, innoveerders, wetenskapkommunikeerders, ingenieursvermoëbouers, organisasiebestuurders en -leiers, sowel as data- en navorsingsbestuurders in.
Die US-finaliste (met hul departemente of omgewings tussen hakies) en die kategorieë waarin hulle sal meeding, is soos volg:
Toekenning vir lewenslange prestasie
- Prof Antoinette Malan (Departement Bewaringsekologie en Entomologie)
- Prof Dave Richardson (Departement Botanie en Soölogie)
TW Kambule-NWTF-toekenning vir navorsers
- Prof Cletos Mapiye (Dierkunde)
- Prof Grant Theron (Biomediese Wetenskappe)
- Dr Bjorn von der Heyden (Aardwetenskappe)
TW Kambule-NWTF-toekenning vir ontluikende navorsers asook die NWTF-SAMNR Kliniese-Wetenskaplike toekenning kategorieë
- Prof Shahida Moosa (Mediese Genetika)
- Prof Leigh van der Heuvel (Psigiatrie)
Foto: Profs Antoinette Malan, Dave Richardson, Cletos Mapiye, Grant Theron, Shahida Moosa, Leigh van der Heuvel, Dr Bjorn von der Heyden