Skip to main content
US gee erkenning aan onderwysuitnemendheid by toekenningsaand

US gee erkenning aan onderwysuitnemendheid by toekenningsaand

Corporate Communication and Marketing | Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
01 Augustus 2025

​Die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) is onlangs met akademiese trots gevul toe die Universiteit Stellenbosch (US) die jaarlikse Viering van Uitnemendheid in Onderrig-Leer-Assessering-geleentheid aangebied het. Dié feestelike geleentheid het opvoeders, institusionele leiers en akademici byeengebring om die toegewyde individue te vereer wat leer en onderrig aan die US en aanhou transformeer.

Prof Lis Lange, waarnemende Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking, het die geleentheid geopen deur gaste te verwelkom en het die belangrikheid benadruk van vennootskappe tussen fakulteite en die afdeling wat sy lei. Sy het prof Deresh Ramjugernath, die hoofspreker en die US se Rektor en Visekanselier, aan die woord gestel, wat die noodsaaklike rol van leer, onderrig en assessering in die bereiking van die Universiteit se Visie 2040 beklemtoon het.

“Ons is op ʼn transformasiereis," het Ramjugernath gesê. “Ons kurrikulum, programme, metodologieë en pedagogieë moet relevant en in pas met die tye wees, maar wat veral belangrik is, is dat dit die soort gegradueerdes sal oplewer wat die wêreld vandag en in die toekoms nodig het."

Hy het die ontvangers geprys vir hulle kreatiwiteit, akademieskap en onwrikbare toewyding tot inklusiewe, transformerende onderwys. “Julle pogings gaan nie bloot oor die oordrag van kennis nie," het hy aan die gehoor gesê. “Dit gaan oor die vorming van mense se toekoms. Dit is wat julle as akademici in hierdie instelling doen. Julle vorm mense se toekoms deur vertroue te bou en te verseker dat ons studente akademies én persoonlik floreer," het Ramjugernath gesê.

Hy het ook die belangrikheid van die US se Onderriggenote en die genote van die nasionale Genootskapsprogram vir Onderrigbevordering op Universiteit (TAU) bevestig. “Hulle is vaandeldraers ... en herinner ons daaraan dat onderrig nie ʼn statiese vaardigheid is nie. Dit is ʼn immer ontwikkelende praktyk wat deur nuuskierigheid, kritiese vraagstelling en ʼn toewyding tot uitnemendheid voortgedryf word."

Ná sy toespraak het die viering van die ontvangers van gesogte onderrigtoekennings en -genootskappe begin. Hulle is deur dr Nicoline Herman, Direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer, bekend gestel.

Die eerste groep wat gevier is, was die ontvangers van die Onderrig-Leer-Assessering-toekennings vir 2024: Dr Sophia Brink, Munira Hoosain, dr Ruenda Loots, dr Marietjie Lutz, dr Rhoda Meyer en prof Lungiswa Nkonki. Elkeen van hulle het met behulp van ʼn videomontage insig in hulle onderrigfilosofieë gebied – met die klem op reflektiewe praktyk, inklusiwiteit en innovasie.

Daarna is erkenning verleen aan twee akademici wat onlangs US-onderriggenootskappe voltooi het: profs Deborah Blaine en Taryn Bernard. Hierdie genootskappe ondersteun deurtastende navorsingsprojekte wat ʼn impak op onderrig, leer en assessering aan die Universiteit en nasionaal het. Die huidige bekleërs van die US-onderriggenootskappe is dr Marnel Mouton, prof Nicola Plastow, dr Mariëtte Volschenk, Sybil Smit, prof Debra Shephard en dr Rhoda Meyer.

Erkenning is voorts verleen aan die SU se TAU-genote, wat deel van die nasionale Universiteitskapasiteitsontwikkelingsprogram uitmaak. Die huidige genote, proff Elize Archer en Shantal Windvogel, is gehuldig en twee nuwe genote, proff Bronwyne Coetzee en Simone Titus-Dawson, is verwelkom.

In die nasionale kategorie is twee SU-akademici vir hulle impak vereer: prof Faadiel Essop, wat ʼn 2024- TAU-genoottoekenning vir sy werk in meertalige mediese onderwys en die uitdaging van wetenskaplike elitisme ontvang het; asook prof Nicola Plastow, wat ʼn eervolle vermelding by die 2024- Nasionale Universiteitsonderrigtoekennings (NUTA) ontvang het.

Faadiel, wat nie self by die geleentheid kon wees nie, het in 'n video-boodskap gesê dat dit 'n “groot eer en voorreg" is om met die TAU Fellows-toekenning erken te word. Hy het besin oor sy reis van mediese navorser tot onderrig-kenner. As pedagoog beklemtoon hy kritiese bewussyn, menslike potensiaal en kurrikulêre transformasie. Hy is 'n voorstander van interdissiplinêre leer, storievertelling in die klaskamer en 'n meer kontekstueel gegronde benadering tot mediese onderwys. “Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg," het hy gesê terwyl hy 'n beroep gedoen het tot dieper besinning, kreatiwiteit en 'n mens-georiënteerde pedagogie gewortel in geregtigheid, nuuskierigheid en deernis.

Plastow, medeprofessor in arbeidsterapie en ʼn vorige ontvanger van ʼn Onderriggenootskap én ʼn Uitnemende Onderrigtoekenning van die US, het ʼn diep persoonlike en belangwekkende toespraak gelewer. Langs haar was ʼn lappieskombers wat sy vir haar dogter gemaak het en sy het die kuns van kwiltwerk met die akademiese reis vergelyk.

“Wanneer ons die stukke van akademikus-wees doelbewus aanmekaarwerk, word ʼn produk gelewer wat meer is as die som van sy dele," het sy verduidelik. Plastow het oor onderrig, navorsing, gemeenskapswerk en ouerskap gepraat en veral besin oor haar passie vir maatskaplike deelname en beroepsgeregtigheid. Een van haar mees aangrypende voorbeelde het toesig oor ʼn PhD-student van Gasa behels.

“Die akademiese lewe is ʼn projek van nalatenskap; dit duur voort ná ons tyd hier," het Plastow opgemerk. “Dit is regtig belangrik dat ons erken dat die werk wat ons doen ʼn onuitwisbare merk gaan laat op die studente met wie ons werk," het sy afgesluit.

Akademiese personeellede wat verskillende kortkursusse voltooi het, is ook by die geleentheid vereer, asook die ontvangers vroeër vanjaar van die ROCTAS-toekennings (wat erkenning aan dosente se bydrae tot studentesukses verleen).

Die aand is afgesluit met ʼn diepsinnige toespraak deur prof Richard Stevens, waarnemende Viserektor: Leer en Onderrig. Hy het die kompleksiteit van hedendaagse studente en die morele en pedagogiese imperatief om hulle as individue te erken in oënskou geneem.

Deur aan poësie en letterkunde te ontleen, het Stevens die US aangespoor om verder as rigiede akademiese strukture te beweeg. “Ons moet akademiese vernuwing definieer en dit betekenisvol in gebruik neem – deur te kyk hoe ons programme veranderende kennisbasisse, globale tendense en die behoeftes van die samelewing weerspieël," het hy gesê. Hy het benadruk dat kurrikulumvernuwing meer as die voldoening aan administratiewe vereistes moet behels; dit moet holisties en gekoördineerd wees en op studentesukses fokus. “Ons uitdaging is om bemagtigende omgewings binne fakulteite te bied sodat akademiese vernuwing ʼn sukses en ʼn voortgesette proses is," het Stevens gesê.

Profiele van sommige van die akademici wat by die geleentheid erken is, sal as deel van die US se Vrouemaand-dekking op die US-webwerf verskyn. Hou die webwerf dop vir hulle stories.

Volledige lys van toekennings by die viering van uitnemendheid in Onderrig-Leer-Assessering-geleentheid:

US-ontvangers van 2024- TLA-toekennings

Naam en vanFakulteit
Dr Rhoda MeyerFGGW
Me Sophia BrinkEBW
Dr Ruenda LootsEBW
Dr Marietjie LutzNATUURWETENSKAPPE
Prof Lungiswa NkonkiFGGW
Me Munira HoosainFGGW

US-onderriggenote

Voltooide genootskappe
Prof Elize ArcherFGGW
Prof Elmarie CostandiusLETTERE
Dr Berna GerberFGGW
Prof Ian NellTEOL
Prof Nicola PlastowFGGW
Prof Geo QuinotREGSGELEERDHEID
Prof Ingrid RewitzkyWETENSKAP
Prof Marianne UngerFGGW
Prof Marianne McKayAGRIWETENSKAPPE
Prof Dennis FrancisLETTERE
Prof Gretha SteenkampEBW
Prof Susan van SchalkwykFGGW
Prof Taryn BernardLETTERE
Prof Debby BlaineING
Bekleër van ʼn genootskap
Dr Marnel MoutonNATUURWET
Prof Nicola Plastow FGGW
Dr Mariette VolschenkFGGW
Me Sybil SmitEBW
Prof Debra ShepherdEBW
Dr Rhoda MeyerFGGW

TAU-genote by US

Voltooide genootskappe
Prof Elmarie CostandiusLETTERE
Prof Ian CouperFGGW
Prof Faadiel EssopFGGW
Dr Berna GerberFGGW
Prof Ashraf KageeLETTERE
Dr Marianne McKayAGRI
Prof Ian NellTEOL
Prof Geo QuinotREGSGELEERDHEID
Dr Nathie GuleING
Dr Albert StreverAGRI
TAU 5-genootskapbekleërs
Prof Elize ArcherFGGW
Dr Shantel WindvogelFGGW
TAU 6-genootskapbekleërs
Prof Bronwyne CoetzeeLETTERE
Prof Simone Titus-DawsonFGGW

TAU-genootskaptoekennings

Prof Faadiel EssopFGGW

NUTA-toekennings (eervolle vermelding)

Prof Nicola PlastowFGGW

ROCTAS-wenners

Volledige inligting oor die name van wenners wat by die funksie in Mei gevier is, is hier beskikbaar: http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/t-l-awards-and-grants/roctas

Konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer: 2024-pryswenners

Mnr Lennox OliverLETTERE
Me Cecile BesterAGRI
Dr Justin LashbrookeAGRI
Dr Manuela CampaAGRI
Me Agatha LebetheOPVOEDKUNDE
Me Telani van der WaltOPVOEDKUNDE

Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap kortkursus: 2024-deelnemers

Dr Hanelie AdendorffNATUURWET
Prof Stiaan LamprechtEBW
Dr Rhoda Meyer FGGW
Dr Dawid MoutonTEOL
Dr Mareli PretoriusLETTERE
Prof Robbie PottING
Dr Sanjeev RambharoseNATUURWET
Prof Clint RhodeAGRI
Dr Melissa van der Merwe AGRI

Akademieskap van Onderrig en Leer-kortkursus: 2024-deelnemers

Me Sophia BrinkEBW
Mnr Regan EvertsEBW
Me Erica GeorgeLANGUAGE CENTRE
Me Petro GerberEBW
Me Agatha LebetheOPVOEDKUNDE
Mnr Jabu LukheleNATUURWET
Dr Esther MuemaAGRI
Dr Trudie SandrockEBW
Me Anria van ZylEBW

Assesseringskortkursus: 2024-deelnemers

Me Melissa BothaEBW
Me Rika CilliersEBW
Dr Jamie CripwellING
Dr Katherine de VilliersNATUURWET
Me Fatima HaldayLS
Dr Jerome Joorst OPVOEDKUNDE
Me Kerotse KekanaEBW
Prof Tracy KellermanFGGW
Dr Anisa MahmoudiREGSGELEERDHEID
Dr Esther MuemaAGRI
Dr Regrence MunjonjiAGRI
Dr Ernest MusekwaFGGW
Mnr Tanduxolo NguzaING
Me Estelle OlivierLETTERE
Dr Brendon PearceAGRIWETENSKAPPE
Dr Elzaan RinquestOPVOEDKUNDE
Dr Annel Pieterse RouxLETTERE
Me Ashlene Van der Berg-RossEBW
Mnr Michael WolfAGRIWETENSKAPPE

Kortkursus vir die professionele ontwikkeling van akademici in hulle onderrig (Prontak): 2024-deelnemers

Zoe-MaeAdamsEBW
Clayton AlbertArendseFGGW
MichelleBassonKRYGSKUNDE
CecileBesterAGRI
NinaBreytenbachREG
TaliaBurkeING
ManuelaCampaAGRI
Jo-AnnChanKUNSTE
CasperCrousAGRI
TaskeenEbrahimING
DanielaErasmusEBW
NataliaFlores-QuirozING
LizeGoosenEBW
MandlaGwetuING
Josie HemphillREGSGELEERDHEID
StembeleJohnsonTAALSENTRUM
MarcusJoubertLETTERE
Callista KahondeFGGW
JoharaKhanSOL
KarushaKnipeFGGW
JustinLashbrookeAGRI
RynoLaubscherING
AudreyLawrenceKRYGSKUNDE
JodieLayman-LemphaneFGGW
AndrewLoubserING
NeritaMalanEBW
Mudangawe PearlMamathubaLETTERE
MiaMangaroo-PillayING
Keanu MartinAGRI
MeganMatthewsNATUURWET
KathleenMawsonFGGW
MichaelMeyerEBW
ItumelengMoroenyaneNATUURWET
EstherMuemaAGRI
RegrenceMunjonjiAGRI
PriyankaNagarEBW
PrinceNchupangNATUURWET
LungeloNgobeseEBW
JacquesPienaarEBW
GraemePlintKRYGSKUNDE
MeelanRoopaING
JaydeySassTAALSENTRUM
MakoenaSebatjaneING
VinayShekharING
PreciousSimbaOPVOEDKUNDE
ClintSteedING
TerriStellenboomEBW
ThabangTooloEBW
HugoUysREG
Deboravan der MerweAGRI
Renate van Dijk-CoombesLETTERE
Paulivan HeerdenFGGW
Susanvan Zyl-BekkerTAALSENTRUM
PhilipVenterING
ClaudiaVisagieING

KI-kortkursus: 2024-deelnemers

Mnr Simon Beauren BIBLIOTEEK
Dr Robyn BerghoffLETTERE
Lt.kol. Dirk BeukesMIL
Dr Clive CoetzeeMIL
Me Faika HarounLS
Prof Tracy KellermanFGGW
Me Jodie LemphaneFGGW
Dr Bianke LoedolffAGRIWETENSKAPPE
Dr Sharon MalanEBW
Mnr Kurt MaraisEBW
Mnr Lennox OliverKUNSTE
Dr Pieter OppermanEBW
Dr Dries PutterMIL
Mnr Hamman SchoonwinkelEBW
Mnr Marno SwartsMIL
Me Lulama TraubAGRI
Mnr Orlando van Schalkwyk EBW
Me Anria van ZylEBW

KI- en Sosiaal-verantwoordelike Pedagogieë-kortkursus: 2024-deelnemers

Dr Hanelie AdendorffSOL
Mnr Stephen BurgessEBW
Me Lynn ChambersOPVOEDKUNDE
Dr Jamie CripwellING
Me Selene DelportLANGUAGE CENTRE
Mev Jodie LemphaneFGGW
Me Nosi MatiwaneFVZS
Prof Ian NellTEOLOGIE
Me Luigia NicholasSSVO
Me Zinhle NovaziREGSGELEERDHEID
Me Christine StraussREGSGELEERDHEID
Prof Gretha SteenkampEBW